Search This Blog

Thursday 13 July 2017

Onewe juk


Onewe was ons ingejuk
onder 'n las wat te swaar druk
en elke skuif het seergemaak
waar die las die huid aanraak.

Onewe was ons denke mos,
maar ons kon mekaar nie los
en moes eenvoudig ons sin kry
al sou ons albei daaronder ly.

Onewe juk, onewe las,
ons het eenvoudig nie gepas,
maar koppig het ons voortgegaan
en wou nie rede insien of verstaan.

Onewe mense in gelid
kan slegs molshope versit,
maar berge staan vas voor die see
en beweeg nie eens 'n enkel tree.

Onewe mense kom in pas
en kry by God 'n ligter las,
wat so sag op jou skouer rus,
jy’s bykans nie daarvan bewus.

Onewe enigheid is vals,
byna soos 'n two-step wals;
dit ruk en pluk, maar val nie in
tot jy met drie-tel oorbegin.

Onewe ritme is dit nie -
jy, jou maat en God maak drie
en dan val alles sag in plek
as almal in een rigting trek.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment