Search This Blog

Monday 3 July 2017

Afhanklik


My Vader, hoor my as ek bid,
voor ek alweer van huis versit
en hierdie dag alleen ingaan,
help my eers om te verstaan.

Gee U my krag en wysheid dan
sodat ek ook sal weet dat ek kan
doen wat U van my verwag,
want dit is nooit uit eie krag.

Vader maak my ook toegerus
en laat my geestelik verfris,
want hierdie stryd is nie teen vlees,
maar teen 'n ander bose gees.

Omgord my dan met U waarheid
en die beskerming van geregtigheid,
klee my voete ook met hoop
om op U vredespad te loop.

Laat my kop dan ook verstaan
dat ek nie langer skuldig staan,
en plaas dan in my hand geloof
om vurige aanslae uit te doof.

Laat U Gees dan my hand optel
om die waarheid oor U te vertel,
en laat my in U waarheid bly,
want daar is liefde volop vir my.

Maak my dan bereid om uit te gaan,
na hulle wat U gebrekkig verstaan,
en erken dan my bereidwilligheid
wat voor geen aanslae van die bose stuit.

Vader, laat U Gees hul pyn genees,
nie net in siel, maar ook in vlees,
gee hul die lewende water van U Woord
sodat hul ook aan U kudde sal behoort.

Vader, ons bring U lof en dankbaarheid
want U almag strek van Noord na Suid,
van Oos na Wes en verder steeds;
want U koninkryk bestaan alreeds!

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment