Search This Blog

Tuesday, 25 July 2017

In my Vader se sorg


Ek het my Vader se hart gehoor
toe Hy my met sy minnelied bekoor,
toe Hy my sê Hy ken my naam
en dat Hy Hom nie vir my skaam.

Met my geboorte was Hy daar
saam met ander om die bed geskaar,
het Hy ook oor my vel gevryf,
trots op die kurwes van my lyf.

Hy ken my sit, my staan, my loop
en gee my moedeloosheid hoop,
Hy weet die goed wat ek bedink
en gee my 'n toekoms wat blink wink.

My Vader hoor ook as ek kla
en Hom vir ander dinge vra
as dit wat Hy my nou mee seën
en somtyds kla ek steen en been.

Tog bly Hy steeds getrou aan my
al lyk dit asof ek swaar kry
So, gee ek die dag dan weer vir Hom
en wag dat Hy my met Homself verstom.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.