Search This Blog

Monday 17 July 2017

In God se sorg


Ek wens ek kon sien uit God se oë
dan was dit dalk maklik om te glo
en dan het ek ook presies geweet
wat is die doel van pyn en leed

Maar 'n kind het selde die wyse insig
om te verstaan wat sy lewe ontwrig,
hy weet maar net dat dinge gebeur
wat sy bestaan se ritme versteur

Die ding wat kind van grootmens skei
is die verantwoordelikhede wat hy kry
om met die grootmenslewe om te gaan
en selfstandig sy eie weg te baan

Daar is dinge wat ek en jy moet doen
en daarmee moet ons onsself versoen,
maar vir ander goed het ons geen raad
en dit moet ons eerder by ons Vader laat

An original poem by Miekie (Marietjie Uys)

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment