Search This Blog

Wednesday 12 July 2017

Judas-groet


Die heelal het 'n ritme van sy eie,
onverstoor deur aardse tye,
met elke element in 'n wentelbaan
wat deur die eeue nooit vergaan.

Dan sit die mens en wik en weeg
oor sy eie daaglikse doen en deug
en bekommer hom oor môre se goed
en oor hoe hy liggaam en siel sal voed.

'n Enkele opdrag millenia terug
het planete na hulle plekke laat vlug;
waarom dan twyfel oor die Vader se sorg
as die heelal getuig dit is gewaarborg?

Vra eerder vandag wat jy werklik moet doen
voor jy God verraai met 'n Judas-groetsoen
om jou te haas om geld te gaan verdien,
want Judas kon God se belang ook nie insien.

Sien die seisoene se ritmiese kom en gaan
en miskien sal jy dan begin om te verstaan
dat die vlees se onderhoud is 'n nietigheid
vir God wat daagliks oor dood en lewe besluit.

Bekommer jou dus nie oor wat môre sal bring
en moenie dat vrees jou Gods-roeping verdring,
maar vind uit hoe om in geloof na God op te kyk,
want finansies en sorg bring Hom nie van stryk.

Wees rustig en doen dan slegs wat Hy vra;
Hy het onderneem om jou laste te dra.
Hy vra nie jou hulp of swoeg onder die las
en jou raad en bystand is geheel onvanpas.

Huppel dus voort soos 'n sorgvrye kind
en gaan doen die dinge wat jou hand vind;
stop by die armes, die siekes en hulle wat soek
en verf God se prentjie op hul lewensdoek.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment