Search This Blog

Wednesday, 15 March 2017

God se beloftes


Van ek begin dink het, loop ek op U pad
Selde vra ek vrae of betwyfel ek U plan
Ek strek uit na waar U is dat U my hand vat
En volg U woord na die beste wat ek kan

Ek draai my ore in U stem se rigting
Ek poog my oë van onheil te weerhou
Ek laat U Gees my menswees indring
En dra U Woord met trots op my mou
Ek bid en ek soek en ek vra na U wil
Ek ken U in my elke dag se besluit
In my môres en aande word ek stil
En verheug my in bereidwilligheid

U het my U woord gegee en dit weer herhaal
Maak dit nou O Heer, my lewe se verhaal

'n Oorspronklike gedig deur Miekie

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.