Search This Blog

Monday 14 August 2017

Smeekgebed


O Heer, hoor my smeekgebed
U is die enigste Een wat red,
die Een wat my nog kan uithelp,
die lewe het my so oorstelp.

Net waar ek kyk sien ek 'n nood,
selfs by hulle wat aan U behoort
Dit maak my moedeloos en moeg
as ons so onverpoosd bly swoeg.

Tog lyk dit nie asof ons ooit voor kom
en na soveel moeite vra mens hoekom,
waarom is U dan nie in ons leed,
en ons wonder, het U ons vergeet?

Dan sing die voëltjies buitekant,
en ek onthou U hou hulle in stand
Dus pak ek my bekommernis nou weg
en laat toe dat U my saak vir my besleg.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment