Search This Blog

Thursday 31 August 2017

Gebed vir ongelowiges


Voor die son vanaand gaan sak
kom staan ek met my hande bak
en vra dat U weer sal voorsien
uit genade, nie omdat ek dit verdien.

U weet dat ek afhanklik bly
van elke Woord wat ek by U kry,
want elke hartklop en asemteug
is sonder U gestroop van deug.

Ek vra dat U my op sal rig
en my sal wys wat is my plig,
dat U my ook bereid sal maak
om hul te help wat U versaak.

Ons glo nie meer almal in U nie
en dis 'n hartseer storie die,
maar dan kom ek en pleit by U
dat U nie op ons opgee nie.

Vader, ons is so wys in eie oë;
maak maklik iets op om in te glo.
Ek vra dat U Uself sal toon
aan elkeen wat hierdie aarde bewoon.

Ek weet U is steeds aan die gang
en dat ons bestaan steeds van U afhang,
tog werk U in liefde en nie met vrees -
as ons tog net van U bewus wou wees!

Ek lê elke mens vandag voor U oë,
insluitend hulle wat nie in U glo,
ontferm U oor hulle verstand
en werk nuwe kennis vir hul aan die hand.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment