Search This Blog

Thursday 17 August 2017

God sê wag!


Vader, dis al baie jare wat ek vra
en elke keer dan sê U ja,
en tog het daar nog niks gebeur,
maar niks kan ook die vrede steur.

Dus, Vader, kom ek weer U pla
vir 'n antwoord wat meer sê as ja,
as ek net weet waarom ek wag,
berus ek dalk maar nog 'n slag.

Maar nou onthou ek iets van U
U steur U nie aan fieterjasies nie;
daai klein goedjies wat my so pla,
kan U met groot geduld verdra.

Is dit waarom U die tyd verwyl?
Is die oes nog groen, al lyk dit geil?
Is alles dalk nog nie in plek
waaroor ek my mond so groot ooprek?

Dat U beter weet is eenmaal waar,
dit het ek herhaaldelik verklaar.
Dus, pak ek my ongeduld maar weg
en wag dat U my saak besleg.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment