Search This Blog

Tuesday 22 August 2017

'n Veld-les


Wanneer ek die veld so loop en kyk
en sien hoe mooi die wêreld lyk,
hoe alles op die regte tyd gebeur
en al die dood na leef terugkeer,
dan kom ek weer voor die besef
dat u my van die las onthef
om elke aspek te wil rig
in my selfopgelegde mense-plig.

Wanneer die blommeprag ontluik
en veelkleuring op die velde pryk,
sonder 'n sorg oor môre se dag
en wat moontlik dan op hulle wag,
dan weet ek U is in beheer
en laat U nie deur mense steur,
dat dinge op U tydstip sal gebeur
en dat vandag se sorge ook verweer.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment