Search This Blog

Saturday 19 August 2017

Lofsang


O Here, hoor my liefdeslied
wat ek in lofsang aan U bied
Hoor hoe my hart U lof besing
wat aan ons die uitkoms bring.

Wie sou verstaan of kon bepaal
waarom dinge soms so draal?
Tog weet ons U is in beheer
en vind ons troos in dit, o Heer.

Wanneer die vyand om ons dring
en ons geloof met vrees verwring,
dan skep ons moed in U nabye Gees
en verdryf ook hierdie helse vrees.

As siekte of die dood ons tref,
dan staan ons voor die diep besef
dat alles maar net tydelik is
en word ons weer van U bewus.

Vandag kom lê ek my voor U
want ek het geen ander gode nie;
aan U het ek my uitverkoop
en van my eie-ek gestroop.

Ek hef my lofsang in gebed
na U wat my en ander mense red,
ek bring aan U die lof en eer
en weet U hoor my, liewe Heer.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys)

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment