Search This Blog

Wednesday, 21 June 2017

Gebed vir vriende


Vader, vandag bid ek vir my vriendeskaar
dat U elkeen van hulle veilig sal bewaar,
dat U U hand gebak oor hulle almal hou
en hulle leer om U in alles te vertrou.
Ek bid vir hul elkeen se daaglikse brood,
bewaar hulle ook veilig in U Vaderskoot,
en hou hulle vyande ver van hulle weg,
en leer hulle die onderskeid tussen goed en sleg.

Vader, hierdie is die mense van my hart
en party van hulle swoeg vandag met smart,
dus vra ek ook dat U hulle sal vertroos,
want ons emosies is maar teer en broos.
Bowenal vra ek dat U U Gees vir hul sal gee
om saam met hul te gaan op elke lewenstree.
Gee hulle hulp en leiding en staan hul by
sodat hul insig in U plan vir hulle lewens kry.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.