Search This Blog

Monday 5 June 2017

Die Bybel


Is die Bybel net 'n boek
waarin jy jouself kan soek
of het jy God al raakgelees
in hierdie ryke woorde-fees?

Met verse skep ek self my God
en sommer ook 'n nuwe gebod
wat ek myself mee kan ophef
en naaste-kompetisie kan oortref.

Tog, as ek van naderby gaan kyk
na Wie God is en hoe Hy lyk,
vind ek dalk net dat eiewaan
nie voor sy Godheid sal bly staan.

Dan vind ek God in die geheel
van boeke wat my wou verveel
dog altyd in die breë boek pas,
met insig wat my nuut verras.

Ek Bybel my verstand dan oop,
word van eiewysheid bar gestroop,
sodat ek God waarlik hier kan vind
in die omslae wat Sy woorde bind.

Dan, van my eie-ek genees
sal ek moontlik ook kan wees
dit wat Hy my voor wou hê
en eggo my woorde, wat Hy sê.

'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to any of these blogs to receive regular updates by email, by simply registering your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment