Search This Blog

Wednesday 10 May 2017

Tere Kindjie


Tere kindjie klein en rein
met jou vel soos sag satyn,
waar dit kneus onder 'n vuis -
hoe oorleef jy by die huis?

Tere kindjie met jou seer
wat jy by ouerknie aanleer,
weet jy dit is nie die reël
dat 'n ouer jou onskuld steel?

Tere kindjie voor my oë,
jou lewe maak my so bewoë
Ek wens ek kon jou nadertrek
en my arms om jou strek.

Tere kindjie hoor die lied
wat aan jou oorwinning bied
God is met jou in die stryd
teen die lewe se venyd.

Tere kindjie met jou dors,
kom lê knus teen Vadersbors
Ledig jou van al jou haat
Laat God genesing oor jou praat.

Tere kindjie word al groot.
Kies jou soort waar jy sal hoort
Het die huis se invloed jou gewen,
of word jy aan jou God geken?

Tere kindjie van my Vader,
Ek merk hoe jy tot ander nader
wat, soos jy, eens swaar moes ly,
maar hul het jou tot hulp gekry.

Tere kindjie, oorwinnaarskind,
jou verlede het jou nie verblind,
maar slegs geslaag om krag te gee
aan drenkelinge in jou lewens-see.

'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.

No comments:

Post a Comment