Search This Blog

Friday, 12 May 2017

Lansering van 'n bediening


Here, ek stel my voor U oop,
dat U my van myself sal stroop
om met U waarheid om te gaan
en op U Woord geplant te staan.

Gee my U insig en wysheid
en wys vir my waar is die stryd,
die magte wat teen U opstaan,
wys my wie om teë te staan.

Here, ek is uitgekose
vir hierdie strydslag teen die bose
wat poog om mense weg te lei,
wyl U hul van dit wil bevry.

Spreek genesing, spreek ook hoop,
laat U Heil’ge Gees hul doop,
keer ons om, van kop tot stert,
leer ons wat’s ons in U werd.

Gee vir ons 'n nuwe lied
om te sing oor wat U bied
Maak U woorde in ons wakker
en plaas ons in U lewensakker.

'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.