Search This Blog

Friday 5 May 2017

Dra jou lewe nog vrug?


Het jy al ooit saad in die grond gesit en verwag dat daar iets sou groei, dat 'n plant daar sou uitspruit? Ek het op 'n plaas grootgeword met 'n gemengde boerdery, waar daar onder andere mielies geplant is. Het jy al die pitte op 'n mieliestronk getel? Ek ook nie. Ek weet net daar is BAIE. Elke mielieplant kan 'n hele klomp koppe dra (ek moet erken ek weet nie wat die gemiddeld is nie). Selfs al het daai plant net een kop gedra, wat uiters onwaarskynlik is, sou dit steeds heelwat meer pitte geproduseer het as waaruit dit gespruit het. Een pit word met duisende vermenigvuldig wanneer jy dit in die grond sit.
Hoeveel van julle het al iets geplant? Sê my, het jy elke dag 'n paar keer by jou saadjie gestop en vir hom gebid dat hy moet groei? As jy nou ja geantwoord het, kan jy maar ophou lees. My antwoord is nee. Ek het nie. Beteken dit dat my saad nie opgekom het nie? Dit het! Weet jy waarom? Baie duisende jare gelede het God 'n eenmalige bevel uitgevaardig dat dit moet gebeur en daardie saad en die hele natuur is vandag nog aan daardie wet/woord van God onderhorig. As jou lewe nie meer vrug dra nie, is dit nie dalk omdat jy nie meer onderhorig/gehoorsaam is aan God se woord/wet nie?

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.

No comments:

Post a Comment