Search This Blog

Wednesday 3 May 2017

Jy kan nie God side-step nie


Weet jy dat jy nie vir God geskep het nie? Jy het die vraag reg gelees. Jy is nie die skepper van God nie. Weet jy dit? Dis my vraag.
Laat ek verduidelik. Elke keer wanneer jy besluit wat God se wil is, sonder om Hom te ken in die saak, is jy besig om vir jou 'n god te skep volgens jou eie idees en verbeelding. Jy is die klei. Jy is nie die een wat God vorm na jou denke en oordeel nie. Jy is veronderstel om buigbaar en vormbaar te wees in God se hande. Maar nou verhard jy jou hart en jy verhef jouself in eiewaan en weier hardkoppig om toe te gee sodat God beheer neem van jou lewe. Solank as wat jy nie voor God buig nie, stel God nie belang om met jou te werk nie. Lees mooi. Jy is onbruikbaar vir God. Ek sê nie dat Hy nie in jou belangstel nie. Hy kan jou net nie gebruik nie. Is dit okay, dink jy? As dit is wat jy dink, is dit moontlik slegs omdat jy onbewus is van die gevolge van jou besluit. Elke aksie/keuse in die lewe, het 'n reaksie/gevolg. Jy kan nie bo-oor God klim nie. Jy kan nie onder God deurseil nie. Jy kan Hom nie links of regs sidestep nie. Uiteindelik is God soos 'n onwrikbare muur waar jy MOET stop en erken dat Hy bestaan. Jy sal Hom nie langer kan ontken nie. Jy sal skielik gekonfronteer word met die feit dat God nie netjies in daai tassie pas waar jy Hom ingeprop het nie. Hy vul nie net een klein afskorting van jou lewe nie. Hy is meer as wat jou verbeelding jou toegelaat het om te glo oor God. Buig jou wil vandag nog voor God s'n! Jy gaan eendag plat op jou aangesig voor God lê en moet erken dat Hy is Wie Hy is. Daardie dag kan die beste dag van jou bestaan wees ... of dit kan die einde van jou bestaan wees. Ek stel vandag 'n keuse voor jou. Verwerp God en sterf in jou eiewysheid, of buig jou wil, jou kennis, jou idees voor God en kies Lewe. God wag. Gaan jy reageer?

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.

No comments:

Post a Comment