Search This Blog

Sunday, 14 May 2017

Hekwag


U ken my, Vader, en weet vas
dat ek elke gedagte na U bring,
dat elke menslike swaar las,
ek met gebed aan U opdring.
Ek plaas 'n wag voor my mond,
maar ook my gedagtegang,
sodat ek paraat is en ter stond
besmetlikhede vas kan vang.

Hierdie hek is toegesluit
vir elkeen wat kom om te buit
en van my lewensvreug te steel.
Met 'n Godellike lewe om te deel
is dit belangrik dat ek sal onthou
dat wat hier in en uit my kan berou.

'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.