Search This Blog

Tuesday, 2 May 2017

Hande Vat


Die koffie staan alreeds en prut
dis tyd om by die tafel aan te sit
Spek en eiers is al gaar,
die pap en kaiïngs lankal klaar.

“Kom mense, laat ons hande vat.
Ons wag vir jou, gaan sit my Skat.”
So vergader ons om die tafel
waar die tafeldoek alreeds uitrafel.

Dis jare se praat wat by die tafel sit
waar ons elke keer eers tot God bid
voordat ons aan onsself sal dink
om liggaam te voed met eet en drink.

So maak ons die kinders groot
en leer hul van hul daagliks’ brood
sodat elke nuutgebore generasie
weet God is meer as net sensasie.

Die Vader van ons familiekring
is meer as net 'n Sondag-ding
Hy is ons kompas in die dag
en waak ook oor ons in die nag.

Dus, vriende, laat ons hande vat
want so kry ons onsself in rat
om wat ons aanpak te laat geld
om oes te dra op God se veld.

'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to any of these blogs to receive regular updates by email, by simply registering your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment