Search This Blog

Wednesday 19 April 2017

Doen wat jou hand vind om te doen


Ek wonder so baie wat my te doen staan in die tyd tussen my roeping en die uitvoering/vervulling daarvan. Het jy ook al gewonder. Jy kry 'n woord/roeping/bevestiging van wat God wil hê jy moet doen en jy is op die oomblik vuur en vlam en gereed om dit aan te pak. Tog is die tyd dalk nog nie reg nie. Almal sê vir jou om te wag. Jy wag maar, want jy het in elk geval nie 'n ander opsie nie. Wat doen jy intussen? Ek reken 1 Samuel 10:6-7 het dalk die antwoord. Samuel het Saul nou net ingelig dat hy koning sou word van Israel. Hy lig Saul in oor wat gaan gebeur wanneer hy vertrek. Hy gaan 'n groep profete ontmoet en saam met hulle profeteer. Lees nou:
"Dan sal die Gees van die Here kragtig in jou werk. Jy sal saam met hulle as profeet optree EN 'N ANDER MENS WORD. Wanneer hierdie tekens oor jou kom, ..."
Wag daarvoor.
"... moet jy DOEN WAT JOU HAND VIND OM TE DOEN, want ..."
Wag daarvoor.
"... God is by jou."
Jy is Gees vervul, geroep, verander in 'n nuwe mens en God is by jou en wat moet jy doen?
Wat ookal te doene is. Was die skottelgoed, balanseer die tjekboek, vat die kinders skool toe ens, ens, ens.
God sal Sy roeping oor jou lewe vervul wanneer die tyd reg is. Wag. God het jou nie vergeet nie. Hy is in beheer en Hy het steeds 'n plan met jou lewe. Moet nie nou moed opgee en begin twyfel nie. God sal doen wat Hy beplan het en jy is deel van daardie plan.
Hoop dit gee jou moed om aan te gaan met die gewone 'humdrum' van die lewe terwyl God se Gees-energie deur jou are bruis .

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.

No comments:

Post a Comment