Search This Blog

Wednesday, 12 April 2017

Bodemlose put


My hart binne my is 'n bodemlose put
waar pyn en smart soos 'n neet aan sit
met 'n hartstog van intense verlange
in mense vervleg, verkleef in vergange
O, Put! Put my uit en dop my hart om
dat die droesem ten laaste na bo kan kom.
Was dan die bodem en maak dit skoon
met trane wat jare te lank al hier woon.
Maak dan die put vol met soet water-wyn
gevra van die Lig wat in duisternis skyn
Ek vra nie om my 'n nuwe gister te gee,
slegs 'n môre met gister se pyn weggevee.
Sit dan terug hierdie hart wat opnuut klop
met dubbel maat vreugde propvol gestop.
Hoor dan my hartsnaar sing van verdriet
en van Een wat vergifnis, genesing my bied.
My hart binne my is 'n bodemlose put
waar vreugde en vrede soos 'n neet aan sit.

'n Oorspronklike gedig deur Miekie.

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.