Search This Blog

Sunday 19 February 2017

Maak dit Jesus se probleem!


Ek sit vanoggend sommer so en dink oor wat dit beteken om in verhoudings te staan met mense. Ek dink oor vriendskappe, familie wees, kennisse en sommer ook kollega wees. Ons lewens raak ander se lewens op soveel maniere dat ons soms nie eens erkenning gee aan so 'n aanraking nie. Tog het elke ontmoeting die potensiaal om 'n reuse impak op onsself, en/of op die ander persoon te laat.
So lees ek toe ook later in die dag van so 'n 'terloopse' impak wat Jesus op mense se lewens gehad het, toe ek Johannes 2:1-12 lees. In hierdie gedeelte vind ons Jesus by die bruilof in Kana waar Hy die water in wyn verander het.
Die eerste ding wat my opval in hierdie stuk, is dat Jesus self, sy ma, en sy uitgebreide vriendekring, dis nou sy dissipels, by dieselfde bruilof teenwoordig is. Jesus is nie die spilpunt waarom alles hier draai nie. Hier gaan dit oor die bruid en bruidegom, soos met enige ander troue. Jesus is bloot 'n gas. Tot die wyn opraak. Ek kan my net voorstel die konsternasie wat dit veroorsaak het by die organiseerders. As hulle enigsens so normaal soos my familie was, sou hulle begin soek het na iemand om te blameer, terwyl elkeen hom- en haarself verontskuldig. Ek kan my die gesprekke net voorstel. Ek stel my voor dat gemoedere sou hoog vlam en dit sou nie lank duur voor hierdie saak die potensiaal ontwikkel het om die hele bruilof te ruïneer nie! Maar dan tree Maria in met die empatie wat mens sou verwag van iemand wat deur God gekies is om Sy Seun groot te maak. Sy maak hierdie haar probleem. Maar sy neem dit nie op haarself nie. Sy stel vir ons 'n voorbeeld wat ons so byna-byna mis, as ons nie stop om daaroor te dink nie.
Maria maak die probleem hare soos iemand wat intiem vertroud is met Jesus; sy maak dit onmiddellik weer Syne! So vinnig as wat sy besluit het dat sy die probleem moet oplos, so vinnig vat sy dit na Jesus sodat Hy dit kan doen. Sy laat haar ook nie van stryk bring deur die feit dat Hy haar probeer oortuig dat die tyd nie reg is nie. Sy steur haar eenvoudig nie daaraan nie, maar gaan gee bevele dat Hy gehoorsaam moet word. Hier is 'n magdom lesse in vir onsself:

  • Sy skryf nie vir Jesus voor wat en hoe Hy moet doen om die probleem op te los nie;
  • Sy probeer nie baasspeel en 'shine' vang deur die eer vir die oplossing van die probleem te soek nie, maar laat alle eer na Jesus gaan;
  • Sy spring nie op 'n foon (of dalk destyds 'n posduif) en probeer die saak self oplos nadat sy Jesus daarvan vertel het nie;
  • Sy glo. Dis al wat sy doen. Sy glo dat Jesus haar nie sal teleurstel nie.

Wat is die verskil tussen ons en Maria? Niks. Behalwe dat sy toegelaat het dat haar kennis van Jesus haar eie oordeel, wysheid, kennis, en oortuigings, tweede gestel het. Het jy al die woorde gebruik "God help slegs die wat hulle-self help"? Dit is nie so nie. Die Bybel sê dit nêrens nie! Die Woord van God sê vir ons dat God slegs die help wat op Hom vertrou en hulle saak aan Hom oorlaat.
Wat gebeur toe Maria haar selfopgelegde probleem Jesus s'n maak? Hy doen beter vir die bruidegom, as wat die bruidegom vir homself kon doen!
Wat is die Bybelse beginsels hier? Kom ons begin by Maria se empatie. Maria het haar medemens hier so liefgehad as wat sy haarself het. Sy het empatie gehad met die situasie waarin die bruidspaar hulle-self bevind het, en vir hulle gaan intree by God, soos wat sy vir haarself sou intree as sy in die nood was.
Onthou julle nog die verhaal wat Jesus vertel het in Lukas 11:5-10? Lees bietjie hier.
Then Jesus said to them, “Suppose you have a friend, and you go to him at midnight and say, ‘Friend, lend me three loaves of bread; a friend of mine on a journey has come to me, and I have no food to offer him.’ And suppose the one inside answers, ‘Don’t bother me. The door is already locked, and my children and I are in bed. I can’t get up and give you anything.’ I tell you, even though he will not get up and give you the bread because of friendship, yet because of your shameless audacity he will surely get up and give you as much as you need .“So I say to you: Ask and it will be given to you; seek and you will find; knock and the door will be opened to you. For everyone who asks receives; the one who seeks finds; and to the one who knocks, the door will be opened.
Is dit nie presies wat Maria hier gedoen het nie? Maria het Jesus geken en sy het opgetree vanuit haar kennis van Jesus. As jy nie bid met die verwagting om te ontvang nie, is dit nie dalk omdat jy nie moeite gedoen het om Jesus te leer ken nie?
Laat my toe om terug te keer na my oorspronklike gedagte van verhoudings toe. Dit is moontlik om verhoudings te kweek wat 'n daadwerklike impak op mense se lewens sal hê. Maar, as jy wil hê dat daardie impak 'n positiewe een moet wees, moet jy 'n persoonlike verhouding met, en kennis van Jesus hê. Dan, sal jou lewe die impak van Maria s'n hê. Sy het een gesprek met Jesus gevoer en die probleem is opgelos. Maar meer nog; die kelners het nou geweet van Jesus (v. 9b), die dissipels se geloof is versterk (v. 11), en Jesus het die eer gekry wat Hom toekom (v. 11).
Dus, wil ek jou met 'n laaste opsommende gedagte laat om te oordink. Maak dit 'n impak op mense se lewens wanneer jy hulle ontmoet? Dink aan jou vuis wat in 'n groot bol klei gedruk gedruk word. Die impak van die slag, laat die indruk van die vuis in die klei agter. Wanneer jy 'n impak maak op mense se lewens, laat dit die indruk van God agter? Hy is die Pottebakker, ons is die klei. Ons is nie veronderstel om anders te lyk as die prentjie wat Hy in gedagte het nie. Sit God se vingerafdrukke in die klei van jou lewe?

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.

No comments:

Post a Comment