Search This Blog

Saturday 18 February 2017

Leef jy met 'n verwagting van God?


Psalm 145:18-19 "Die Here is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom in opregtheid aanroep. Aan die wat Hom dien, gee Hy wat hulle vra, Hy hoor as hulle om hulp roep, en Hy red hulle."
Leef jy met 'n verwagting dat God jou gaan hoor? Leef jy met 'n verwagting dat God jou gaan antwoord? Leef jy met die verwagting dat God jou gaan red uit daardie situasie wat dreig om jou te oorweldig en onder te kry? Of dink jy dat God te besig is met ander mense, dat Hy nie tyd het om aan jou ook af te staan nie. Jy glo God is naby, maar nie dat Hy naby jou is nie.
Lees gou weer hierbo.
"Die Here is naby ALMAL wat Hom aanroep, ALMAL wat Hom in opregtheid aanroep."
Dis so almal-omsluitend dat die gedagte selfs twee maal herhaal word. Kyk nou weer mooi wat leer jy hier van God se verhouding met jou. Hy is NABY jou. Hy GEE wat jy vra. Hy HOOR as jy om hulp roep. Hy RED jou.
Ek fokus hier op slegs twee versies in die hele groot Bybel en daar is soveel van God se belang by mense (by jou) te leer hier. Wil jy nie maar weereens jou vertroue in God stel nie? Jy staan dalk nou daar op moedverloor se vlakte en jy sien geen rede om aan te gaan nie. Jy het God al gekies, maar Hy voel vir jou ver en doof. Kan ek vir jou uit nog 'n Psalm wys dat jy perspektief verloor het, dat iemand (Satan?) jou bedrieg het oor waar jy met God staan en wat God se belang in jou is? 
Kyk saam met my na Psalm 139. Hierdie Psalm is geskryf deur Dawid, wat 'n vriend van God genoem word. Dis iemand wat 'n verhouding met God het. Dis jy! Hy begin deur te noem hoe goed God hom ken (v. 1-6). Dan wonder hy of dit moontlik sou wees om van God te ontvlug (v.7-12). En dan kom hy agter dit maak nie saak waar hy probeer heengaan nie, God se hand hou hom altyd vas. En dan het hy selfs ook die doderyk oorweeg. Is dit jou oorweging? God gaan nie jou hand los nie. Hy het gesê Hy sal jou nooit begewe en nooit verlaat nie. Dawid het dit duisende jare terug al geweet en God is vandag nog dieselfde God. Dieselfde Gees wat in Dawid was, is ook in jou. God het nie moed opgegee net omdat jy moed verloor het nie. Hy hou jou steeds vas.
Gun my om gou terug te gaan na vers 5. 
"U omsluit my van alle kante, U neem my in besit."
Het jy al gesien as 'n klein kindjie in gevaar is, hoe 'n pa/ma naderstorm en die kind in hulle arms opraap en so styf vashou dat jy amper niks van die kind sien uitsteek nie? Dis soos God nou met jou maak. Lê terug in God se arms en ontspan. Hy het jou. Laat Hom toe om van jou besit te neem. Hy gaan nie droogmaak met jou lewe nie, Hy het te veel wonderlike idees en ideale vir jou. Trust God and let go of the rest.

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.

No comments:

Post a Comment