Search This Blog

Sunday 1 October 2017

Nog lesse uit Job


Ek het my plegtig verbind om nie na 'n meisie te kyk en haar te begeer nie. (Job 31:1 NAV)
I have made a covenant with my eyes; why then should I look upon a young woman? (Job 31:1 NKJV)

Oogkontak

Ek wonder is daar nog 'n mens
wat met sy eie oog betoog
dit duidelik maak aan hierdie lens
dat hy van rondkyk hom moet soog.

'n Man soos Job, van toentertyd
wat op sy vrou gefokus het -
met doelgerigte standvastigheid
sy oog van rondkyk belet het.

Job moes 'n man van wysheid wees
om teen algmene gebruik te verset,
want as 'n mens bietjie wyer lees,
sien jy bigamie was nie belet.

Nou vra ek myself so in die loop
of ek my drange kan bedwing,
my van my eie belange stroop
om te bly by my gekose enkeling.

Daar is soveel hier rondom my
wat glo eie geluk neem eerste plek,
dat hul maklik 'n ander maat afvry
en na hul selfbelang uitstrek.

Job sou nie gesĂȘ het wat hy het
as daar nie ook versoekings was,
maar hy het sy eie oog belet
en van begeertes af verkas.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys)

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment