Search This Blog

Monday 2 October 2017

Lesse by Dawid geleer


Dawid

Is daar iets by Dawid te leer,
die man wat leeu en beer verskeur,
wat 'n reus met net 'n klip benader,
wat onwrikbaar glo in God, sy Vader.

Aan moed het dit hom nooit ontbreek,
hy’t telkens gewys wat in hom steek,
nie eens vir die Filistyne was hy bang,
of vir die koning wat hom wou vang.

Maar soveel moed maak jou arrogant,
en dit bedreig jou geestestoestand,
want Dawid kon net mooi alles kry,
maar sekere goed moes hy liewer vermy.

Batseba was 'n ander ou se vrou,
maar Dawid wou konsuis met haar trou,
al kos dit ook dan haar man se dood,
gee hy nie om – sy ego was groot.

As dit die einde van die verhaal moes wees,
sou ons vinniger oor Dawid se storie lees,
maar daar’s soveel meer om uit te sonder
oor hierdie man wat ons bewonder.

Gekonfronteer met sy sonde, het Dawid bely
en vir dae lank kon jy hom nie kry.
Hy’t gebid, gepleit en trane gestort,
in die proses 'n beter mens geword.

Arrogansie het in nederigheid omgekeer,
en dis die ding wat ons hieruit kan leer -
as ons sonde bely, en voor God ons verlaag,
sal Hy ons ophef soos dit Hom behaag.

'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys)

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment