Search This Blog

Thursday 21 September 2017

Stofpad


Soos 'n voël sonder 'n veer,
lyk die pad sonder sy teer,
met gate wat soos poele lyk,
voos gery en opgebruik.

Net so, voel ek ook dan vandag,
wonder waar kry ek weer krag
om uit die bed uit op te staan
en met die lewe aan te gaan.

Die lewe het my platgetrap,
heen en weer oor my gestap,
my stukkend in die stof gelaat
asof my menswees niemand baat.

Maar toe almal ver verby my loop
waar ek sit van my hoop gestroop,
toe vind 'n vreemdeling my daar
waar hy my langs die pad gewaar.

Hy buk en tel my uit die stof
selfs al was ek onbeskof,
en toe ek eindelik beter word,
bly hy sy liefde oor my stort.

Ek wonder wie’s die vreemde man,
wat is sy naam en wat sy van?
In wie se huis word mens so groot
dat jy ander raaksien in hul nood?

Sy naam klink soos die van jou en my,
dit was sy van wat my bybly,
want sy Vader was my God gewees
wat ek al die jare mis wou lees.

In die storie van die Samaritaan,
was ek die weldoener op sy baan,
nooit gedink ek kan die ‘victim’ wees,
dit altyd met arrogansie gelees.

Maar die dag toe die wêreld my trap,
my vriende wye kringe om my stap,
daai dag toe stuur ons Vader Sy kind,
en dis toe ek my Vader weer vind.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys)

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment