Search This Blog

Friday 13 January 2017

Is jy besig om jou eie Skepper te skep?


Ek lees nou in 1 Konings 12 en 13 van die skeuring van die Ryk van Israel in die Noordelike ryk (Israel) onder Jerobeam en die Suidelike ryk (Juda) onder Rehabeam. Dit is veral Jerobeam se storie wat my opval.
Hy word deur God gekies en gesalf tot koning oor die Noordelike stamme. Wanneer hy uiteindelik koning is, verloor hy sy vertroue in God om sy koningskap te behou. Dit gebeur ten spyte daarvan dat God gesê het dat Hy Jerobeam se troon sal vestig, soos Dawid s'n, as Jerobeam net getrou bly.
Vrees kry die oorhand oor Jerobeam. Hy vrees dat hy sy aanhangers gaan verloor as hulle na Jerusalem (in Juda se grondgebied geleë) toe gaan om te aanbid. Toe laat maak hy twee kalwerbeelde en heg God se reputasie/geskiedenis aan hulle, asof hulle dan nou skielik God is. Wat maak van hulle God in Jerobeam se oë? Die feit dat hy besluit het hulle sal dit wees. Hy het die regte geskiedenis beet. Hy het die regte reputasie beet. Hy het selfs die regte naam beet. Tog het hy die verkeerde god beet. Die god wat hy beet het, het hy self geskep.
Ek hoor so baie mense vandag praat van "die opperwese", asof alle gode maar God is, asof alle bonatuurlike magte maar God is. Ek het selfs al telkemale gehoor hoe daar gesê word dat almal se gode God is en dat ons maar net verskillende name het vir wat in essensie/persoon dieselfde God is.
Laat ek dit vanaand pertinent sê: Dit is 'n vals leerstelling wat ooreenstem met Jerobeam se gedrag. Jy kan nie van God iets of iemand maak wat Hy nie is nie. Jy kan nie self besluit wie of wat God is nie. God was lank voor jy bestaan het en Hy is nog steeds en sal tot in ewigheid wees en deur al hierdie jare het Hy nog nooit verander nie. Mense het god al geskep en herskep tot vervelens toe, maar al hulle idees en planne kom tot niks en beteken niks. God is! Dis al. Jy is die maaksel, die skepping. God is die Maker, die Skepper. Moenie probeer om rolle te ruil nie.

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.

No comments:

Post a Comment