Search This Blog

Sunday 8 January 2017

God as toevlug


Ek sit vanaand en dink aan almal wat ek ken wat gewikkel is in een of ander stryd, hetsy met persone, omstandighede, finansies, gesondheid, of wat ook al. Daar is so baie geleenthede vir dinge om in ons lewens in te kom en dinge te ontwrig. Soms is dit net klein ergerlikhede en ons skud dit sommer maklik af. Soms is die gewig daarvan nie so maklik om te ignoreer nie. Terwyl 'n mens in die stryd is, is dit nie altyd maklik om te weet en te ervaar dat God saam met jou daar is nie. Dis eers as jy aan die ander kant uitkom, dat jy besef dat as dit nie vir God was nie, het jy nooit aan die anderkant uitgekom nie. Nadat Dawid sy stryd teen Saul en sy vyande gewen het, het hy die woorde in 2 Samuel 22 gedig. Na die stryd het hy perspektief gehad van hoe God hom gehelp het. Mag hierdie kennis jou deurdra in jou stryd.
Verse 30-35: "Met U hulp loop ek 'n oormag storm, met my God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie. Wat God doen, is volmaak; wat die Here sê, is suiwer. Elkeen wat by Hom skuiling soek, beskerm Hy. Waarlik, wie anders as die Here is God? Ja, wie anders as ons God is 'n rots?
God omgord my met krag; Hy maak my pad voorspoedig. Hy maak my voete soos diè van 'n ribbok; op hoë plekke laat Hy my stewig staan. Hy leer my hande om oorlog te maak, my arms om selfs die stramste boog te span."
Ek wil jou nooi om by God te gaan rus. Jy sal vind dat terwyl jy daar is, sal Hy jou leer hoe om jou stryd aan te pak. Hy sal jou toerus met die 'wapens' wat jy nodig het om te oorwin. Hy sal jou leer hoe om hulle te gebruik. Hy sal jou die krag gee om hulle te gebruik en om stewig staande te bly te midde van die stryd.
Werp vanaand jou bekommernisse op God, vertrou op Hom, en Hy sal sorg vir jou oorwinning.

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.

No comments:

Post a Comment