Search This Blog

Friday 19 October 2018

'n Gebed


Vader, vandag is my tyd maar min,
so laat ek dan maar liefs begin.
Ek gee die dag en week aan U
en wyk nie van U wil af nie.
Kom, en vul my met U Gees,
sodat ek van U bewus sal wees.
Laat alles wat ek doen en dink en sê
wees soos U dit sou wou hê.
Gee my dan ook rustigheid
en vul my met U heerlikheid,
en maak my woorde, dade sterk
deur U Gees wat in my werk.
Laat U Gees, wat my bewoon,
my vol maak van my kop tot toon.
Gee my diepe dankbaarheid
oor elke ding wat U besluit,
en neem my moedeloosheid weg,
sodat ek U saak sal kan besleg.
U is my God en Vader, Heer;
hier is my lewe – neem beheer.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment