Search This Blog

Saturday, 26 November 2016

Die Totstandkoming Van Die Ou Testament


Hierdie blog het ek oorspronklik geskryf as werkstuk vir 'n formele kursus. Tog is dit 'n relatief volledige opsomming van die totstandkoming van die Ou Testament, gefokus op die grootste invloede.
Indeks
  1. Inleiding
  2. Die Transmissie van die Hebreeuse Teks
2.1 Die transmissie van die Hebreeuse teks
2.2 Die skryfmateriaal en die alfabet waarin die teks oorgedra is
2.3 Teksfoute wat met transmissie ingesluip het en die relevansie daarvan vir teks kritiek
2.4 Die redes en geskiedenis vir/van die standardisering van die konsonentale teks, die vokalisering van die teks en die rol van die Massorete
2.5 Die belangrikste Hebreeuse manuskripte
2.6 Verskeie gedrukte uitgawes van die Hebreeuse teks
  1. Die Aramese Getuienis tot die Ou Testament
3.1 Die invloed van die Aramese taal
3.2 Verskeie Aramese vertalings van die Ou Testament
3.3 Verskeie Targums
3.4 Die kenmerke van die targum rendisies
  1. Die Griekse en Latynse Getuienisse tot die Ou Testament
    1. Die Septuagint
    2. Origen se Hexapla
    3. Die Griekse vertalings van die Ou Testament
    4. Griekse vertalings as getuienis tot die Ou Testament
  1. Die Latynse vertalings van die Ou Testament met spesifieke verwysing na die oorsprong van Jerome se Vulgaat
  2. Samevatting
  3. Bibliografie
1. Inleiding
Die teks van die Ou Testament het oor eeue tot stand gekom, met die oudste dele wat teruggevoer kan word tot 13 vC en die jongstes tot 2 eeue vC. Teen die elfde eeu nC was die oudste dele dus reeds vir meer as 2000 jaar in oordrag/transmissie. Voeg hierby dat die drukkerspers ook eers later onstaan het, gepaardgaande met die metodes waarop teks oorgedra is, en daar ontstaan ‘n groot gaping waar foute noodwendig kan insluip. Dit is dus geen wonder dat dit vandag so problematies is om die oorspronklike teks akkuraat te rekonstrueer nie (Deist, 1978: 30). Millard (1982: 33) stel dit onomwonde dat die Ou Testament sy bestaan te dankie het aan die toegewyde en noukeurige kopiëring met die hand van die skrifgeleerdes en sekretarisse van ouds.
2. Die Transmissie van die Hebreeuse Teks
Daar is nodig om te spesifiseer dat ons hier te doen het met Tekskritiek eerder as literêre kritiek. Dit gaan oor die transmissie van die finale teks d.m.v. kopiëring en vertaling. Literêre kritiek handel oor die geskiedenis van die teks. Die skeidslyne is egter nie altyd duidelik nie, aangesien tekskorrupsie reeds lank voor die finale redaksie kon ingesluip het. Hierdie korrupsie/foute is dan met elke kopiëring van die teks daarna verder oorgedra. Dit is nodig om in gedagte te hou dat tekskorrupsie dus nie noodwendig na die finale redaksie van die teks ingesluip het nie, maar reeds teenwoordig kon wees (Deist, 1978: 30) .
2.1 Die transmissie van die Hebreeuse teks deur kopieskrywers
In die antieke tyd was slegs ‘n uitverkore groep mense in staat om te skryf aangesien die klem wat ons vandag op geletterdheid stel, nog nie bestaan het nie. Die drukkerspers was ook nog nie ontwikkel nie en die teks van die Ou Testament is met die hand gekopieër. Hierdie skrywers/kopieërders het uit drie kategorieë bestaan; die amptelike skrifgeleerdes of sekretarisse, die ‘outeurs’ en die ‘teoloë’. Hierdie uitverkore groep het selfs tot gildes behoort (Deist, 1978: 31).
Ons vind verskeie verwysings na die eerste groep in die Ou Testament:
  • Seraja, Dawid se staatsekretaris (2 Sam. 8:17);
  • Safan, Josia se staatsekretaris (2 Kon. 22:3).
Ons sien verder ook dat hierdie manne se name saam met die name van ander hooggeplaastes en geëerdes gelys word (2 Kon. 18:18 en 37). Hieruit kan ons aflei dat hulle self ook posisies van eer beklee het. Easton (1897) noem dat die woord “sopher” ook as militêre titel gebruik is, wat die staatsekretaris dan selfs ‘n militêre leier maak. Dit was egter nie net konings wat sekretarisse gehad het nie, en almal wat in die amp van rekordhouding betrek was, was nie noodwendig 'n sekretaris nie. Let ook op die volgende gevalle wat opgeteken is:
  • Baruk was Jeremia se sekretaris en het opgeteken wat die profeet geprofeteer het (Jer. 36:4);
  • Agilud, alhoewel in diens van die koning, was nie staatsekretaris nie, maar ‘recorder’, wat in die NAV vertaal word as hoof uitvoerende beampte;
  • Deist (1978: 31) identifiseer ook klerke in Deut. 1:15 en Num. 11:16.
Die tweede groep hierbo geïdentifiseer, die ‘outeurs’ het bestaan uit die storievertellers, digters, predikers en filosowe. Ons vind hulle nalatenskap in die narratiewe, poësie, profetiese en filosofiese gedeeltes van die O.T. Daar is enkele verwysings in die teks van die O.T. na ander geskrifte (sien Jos. 10:13 oor die Boek van die Opregte en Num 21:14 oor die Boek van die Oorloë). Hierdie geskrifte is nie in die amptelike kanon opgeneem nie. Bitter min van hierdie geskrifte is tot op datum ontdek.
Die derde groep, die ‘teoloë’, het hoofsaaklik uit priesters bestaan. In later jare was staatsekretarisse soos Esra onder hierdie groep gereken. Nog later, ten tye van die N.T. sien ons ook dat die Fariseërs en Saduseërs tot hierdie groep hoort en uit hulle geledere kom leerskole, soos die van Gamaliël (onder wie se leiding Saulus, later Paulus, opgelei is in die Skrifte), tot stand. Paulus word dan uiteindelik die groot Skrifgeleerde van die jong Christenkerk in die Nuwe Testament en is verantwoordelik vir die te boekstelling van ‘n groot gedeelte van die Nuwe Testamentiese teks. Deist(1978: 32) erken ook Hillel, Johanan Ben Zacchai en Aqiba hier.
2.2 Die skryfmateriaal en die alfabet waarin die teks oorgedra is
Deist (1978: 32) noem ‘n aantal interessante oppervlaktes waarop antieke tekste geskryf was; uitgegraveer op klip, met pleister op geverf, op ‘n tipe boek wat moontlik bestaan het uit twee houtplanke wat met ‘n tipe skarnier aanmekaar gevoeg is, klei tablette, en selfs op pot (soos oorblyfsels van potskerwe blyk te toon). Bible.org (2000?) voeg hierby ook perkament en die velle van diere. Lg. gaan dan verder deur te se dat daar gebruik gemaak is van ‘n stilus, beitel, pen en ink om mee te skryf, alhoewel die laastes dan eers later bygekom het. Deist (1978: 33) tref hierdie onderskeid meer duidelik wanneer hy noem dat perkament rolle deur die finale kopieskrywers gebruik was, alhoewel die datum van papirusrolle teruggevoer kan word tot op Dawid. Deist onderskei dan ook tussen twee tipes ink wat gebruik was; een was van lamproet gemaak en die ander van ‘n mengsel van metaal en suur. Eergenoemde is gebruik om op perkament te skryf en die ander om op papirus te skryf.
As ons kyk na die ontwikkeling van die alfabet, sal ons ‘n paar interessanthede opmerk. Alles het nie direk verband op die transmissie van die Ou Testament nie, maar dit vorm tog steeds die basis waarop dit bestaan. Van die vroee embrioniese stadium, het die alfabet in ‘n piktografiese alfabet ontwikkel. Die bekendste hiervan is sekerlik die Egiptiese hierogliewe, alhoewel die Sumeriese Spykerskrif ook alom bekend is (Deist, 1978: 34-38). In 1906 het Sir Flinders Petrie ‘n selfs meer gevorderde alfabet sisteem ontdek wat, alhoewel steeds geskoei op piktografie, reeds sterk oppad was na ‘n gevestigde alfabet. Dit word aanvaar dat hierdie die akrofoniese sisteem is waaruit die Fensiers en die Arameers hulle alfabette ontwikkel het. Die Babiloniese Sillabiese Spykerskrif het ‘n teken gehad om elke lettergreep voor te stel. Dit het ooreengestem met die Ugaritiese alfabetstelsel wat uit 30 van hierdie tekens bestaan het. Al hierdie alfabetstelsels was in gebruik in die Antieke Nabye Ooste in die tyd wat Israel Palestina in besit geneem het. Die Israeliete het egter die alfabet van die Fenisiers oorgeneem, wat ontstaan het uit ‘n vroeere Kanaanietiese alfabet, wat moontlik sover terug dateer as die einde van die derde millenium. Hierdie alfabet was in gebruik in Israel vanaf die 10de tot die 6de eeu vC. Hierdie alfabet het bestaan uit 22 klankgebaseerde simbole, wat in skerp kontras was met die magdom simbole van die Spykerskrif en Hierogliewe. Die 22 klanke is almal konsonante (Biblescripture.net 2000?).
Hierdie alfabet het uiteindelik met verloop van baie jare in onbruik verval en is gaandeweg vervang met die Aramese. Vanaf die 6de eeu vC het beide die Aramese taal en alfabet al hoe meer veld gewen en die gebruikstaal van die omgewing geword. Teen die 3de eeu vC het die alfabette so vervleg geraak dat dit ‘n Joods-Aramese alfabet genoem kan word. Dit is eers na die val van Jerusalem in ongeveer 70 nC dat die Fariseers daarop sou aandring dat die hoekige skrif van die Hebreers die enigste aanvaarbare alfabet is vir heilige tekste. Ten spyte van hierdie ‘kanonisering’ van ‘n enkele alfabet, kan daar tog ook duidelike tendense gesien word van eksterne invloede op die alfabet (Deist, 1978: 37).
2.3 Teksfoute wat met transmissie ingesluip het en die relevansie daarvan vir teks kritiek
Wanneer ‘n teks oor so ‘n lang tydperk met die hand gekopieer word, met in ag neming van die veranderinge in die taal en alfabet, dan volg dit noodwendig dat daar foute sou insluip by die kopiering van die teks. Sommige van hierdie foute was selfs met opset, terwyl ander heel onskuldiglik ingeluip het. Deist (1978: 38-46) identifiseer agt kategoriee van onopsetlike foute wat gemaak is met die kopiering van die teks:
Homofone was met mekaar verwar. Daar was baie gevalle waar die teks aan ‘n aantal rabbis op ‘n slag gedikteer was. In die geval van diktasie is dit maklik om een woord te verwar met ‘n ander wat dieselfde klink. Dink byvoorbeeld aan die Afrikaanse woorde fier en vier. Voeg daarby nog ‘n derde moontlikheid van vuur en dit word duidelik dat die moontlikheid van misverstand groot is.
Woorde wat dieselfde gelyk het was met mekaar verwar. Met die ontwikkeling van die alfabet was daar keer op keer gapings gewees vir hierdie fout om in te sluip wanneer twee pare letters met mekaar verwarbaar was. Deist (1978: 39) gee ‘n gerieflike opsomming van areas van verwarring in die vier alfabette; Kanaanities, Lagies, Oud-Aramees en Hasmonian.
Konsonante was omgeruil. Aangesien daar slegs van konsonante gebruik gemaak is in die teks, was daar geleentheid om konsonante om te ruil in die kopiering van die teks. Dit kon tot gevolg he dat die teks betekenisloos word, of selfs ‘n heel ander betekenis aanneem.
Letters, woorde en frases was uitgelaat. Wanneer kopiering plaasvind is dit ‘n algemene fout om letters, woorde en frases uit te laat wanneer dieselfde letter of woord na aan mekaar in die teks voorkom. Die oog spring dan na die tweede voorkoms van die woord en gaan van daar af voort met die kopiering soder dat die kopieskrywer daarvan bewus is dat hy/sy teks weggelaat het. Hierdie verskynsel word Haplografie genoem.
Letters en woorde was herhaal. Dittigrafie is wanneer ‘n kopieskrywer ‘n woord of letter herhaal in die teks, sonder dat dit die geval was in die oorspronklike teks.
Woorde was verkeerdelik verdeel. In baie gevalle was woorde so na aan mekaar geskryf dat die kopieerder self moes beslis waar die woordverdeling moes plaasvind (waar een woord eindig en die volgende begin). In ag genome die feit dat die alfabet slegs uit konsonante bestaan het, is dit duidelik dat hierdie ‘n groot grys area was. Die probleme kon in baie gevalle maklik opgevang word deur terugverwysing na ouer bronne, maar in ander gevalle moes staat gemaak word op die rondspeling met letter en spasies.
Die konsonante teks was misgelees. Aanvanklik was daar glad nie gebruik gemaak van vokale nie. Later het sekere konsonante gedien as plaasvervangers vir vokale. Later transkribeerders het hierdie plaasvervangende konsonante gelees vir werklike konsonante, wat tot die invoeging van totaal nuwe woorde in die teks gelei het.
Kantaantekeninge is in die teks opgeneem. Wanneer transkribeerders die teks gelees het, het hulle baie maal kantaantekeninge gemaak. Van hierdie aantekeninge was regverdiglike invoegings wat vroeer uitgelaat was, maar ander was persoonlike opmerkings. Latere transkribeerders het nie altyd onderskeid getref nie en so is baie kantaantekeninge verkeerdelik in die teks ingevoeg. Millard (1982: 45) se egter tereg dat mens nie op loop moet gaan met hierdie saak nie. Transkribeerders het gewoonlik hulle kantaantekeninge gemerk as sulks en alle aanduidings is daar dat hulle groot sorg geneem het met korrekte transkribering.
Ons wend ons dan nou tot die opsetlike foute wat met die kopieer proses ingesluip het en is weereens beindruk deur Deist (1978:46-50) se indeling van hierdie foute in vier kategoriee:
Simplifisering van die teks. Daar is in baie gevalle gepoog om gekompliseerde teks te vereenvoudig deur die byvoeging van verduidelikings of woord-dele. ‘n Dubbelsinnige teks is dan vereenvoudig tot ‘n enkele verstaanskonsep, maar in die proses is die teks verarm aan betekenis.
Linguistiese emandasies. Taal verander met verloop van tyd. Woorde se betekenisse verval, of verander in geheel. Linguistiese reels verander ook. In hierdie gevalle is daar opsetlik so met die kopiering van die teks omgegaan dat die oorspronklike betekenis van die teks behoue gebly het eerder as die oorspronklike letterlike teks self.
Godsdienstig of moreel gefundeerde emandasies. Met die godsdienstige en morele evolusie van Israel het die oorspronklike betekenis van die teks onaanvaarbaar geword vir die latere lesers. In hierdie gevalle is die teks moedswilliglik verander om godsdienstig en moreel aanvaarbaar te wees vir die leser/luisteraar van die kopieerder se tyd.
Teologies gefundeerde emandasies. Soos Israel se Godskonsep ontwikkel het en gevestig is, is die name en aanspreekvorme van en vir God in die teks aangepas om by die ‘moderne’ Godskonsep te pas. Hierdie vervangings is baiemaal baie interessant, bv in die geval van 2 Sam 24:1 waar een teks lees dat God (Yahweh) Dawid geinspireer het om die volk te tel, terwyl ‘n ander teks die woord Yahweh met Satan vervang. Daar is dus duidelike teologiese implikasies hiervoor.
In afsluiting van die foute, kan gou nog gekyk word na JPH (2000?) se reels vir die identifisering van foute in kopiering. Daar word van meet af aangeneem dat die foute ingsluip het by die kopiering en dat die oorspronklike outeur sonder blaam is. Dit is ‘n goue reel in die hantering van die teks. ‘n Tweede reel is om ondersteunende bewyse te vind vir die korrektheid van ‘n kopie voordat daar lukraak besluit word of die vroeere of latere die korrekte weergawe is. Hierdie bewyse kan in enige veld gevind word en is nie beperk tot die teks self nie.
2.4 Die redes en geskiedenis vir/van die standardisering van die konsonentale teks, die vokalisering van die teks en die rol van die Massorete
Met die wegvoering van Israel in ballingskap het die teks nie veel gevaar geloop om korrup te word nie. Die sentrale aanbiddingsplek in Jerusalem was nog in stand en so ook die sentrum vir teks kopiering. Dit het egter drasties verander met die wegvoering in ballingskap van Juda toe Jerusalem tot ‘n val gekom het, die tempel vernietig is en die priesters verspreid gevestig is in die vreemde. Nou het kopiering nie meer op ‘n gesentraliseerde punt plaasgevind nie, maar wyd verspreid. Mondelinge tradisies moes ook neergepen word om te verhoed dat dit verlore gaan en ‘n vergelyking van die tekste wat in hierdie tyd ontstaan het toon duidelik dat die integriteit van die teks in gevaar was. Vergelyk byvoorbeeld die Biblia Hebraica met die Qumran geskrifte en die Septuagint om te sien hoe uiteenlopend die teks geraak het (Deist, 1978: 50-51).
Na die Diaspora (wat ongeveer 70 nC plaasgevind het), omstreeks 100 nC, het ‘n groep Joodse skoliere dit hulle taak gemaak om die teks van die Ou Testament te kanoniseer. Deist (1978: 51) identifiseer twee sake wat die kanonisering begunstig het. Die eerste was die onstaan van die Selote. Hulle het nie slegs op politieke en militere gebied hulle-self toegewy aan Joodse nasionalisme nie, maar ook op godsdienstige terrein. Dit is getrou aan Israel se geskiedenis wat selde, indien ooit, onderskeid getref het tussen hierdie drie areas. Die tweede was die kontroversie met die Christendom. Die Jode het voorgehou dat die Hebreeuse teks kanonitiese gesag dra, terwyl die Christene (waaronder baie van Joodse nasionaliteit was) die Griekse teks verkies het. Om sake te vererger vir die kanononiese gesag van die Hebreeuse Teks, het die Hebreeuse taal ook grootliks in onbruik verval en min mense het dit steeds gepraat. Om rede hierdie kontroversie tussen die Jode en die Christene, het die Joodse rabbis hulle gehaas om ‘n uniforme teks daar te stel in Hebreeus. So ‘n standardisering het nooit volledig plaasgevind nie, maar het wel geboorte gegee aan die teks wat in die moderne vertalings van die Hebreeuse Bybel voorkom; die Kittel se Biblica Hebraica, die Biblica hebraica Stuttgartensia en die Jerusalem Bybel Projek.
Skilton (1967) wys duidelik in sy artikel daarop dat daar sterk aanduidings bestaan dat die Hebreeuse teks reeds ongeveer 150 vC tot 50 vC in sy totaliteit bestaan het in ‘n gestandaardiseerde vorm. Interessant genoeg staaf hy sy argumente op die ooreenkomste van dieselfde dokumente waar Deist op die verskille konsentreer, nl. die Qumran geskrifte (Dooie See Rolle genoem), die Septuagint en die Biblica Hebraica. Hy verwys ook verder na die Nash Papirus om sy argumente te staaf. Volgens sy argumente is die ooreenkoste so veelvoudig dat die verskille haas onbelangrik word. Hy skryf die verskille in geheel toe aan die onvermoe van die kopieerders om die teks voor hulle te verstaan, eerder as dat dit te wyte was aan die feit dat daar nog nie ‘n uniforme teks saamgestel was nie, of te wel, dat kanonisering nog nie plaasgevind het nie.
Op hierdie punt is ons genoodsaak om die rol van die Masorete in oenskou te neem. Hulle was die ‘geestelike’ afstammelinge (spiritual descendants. Deist, 1978: 52-56) van die ‘skrywers’ van ouds en het bekend gestaan as die Senders. Hulle was direk daarvoor verantwoordelik dat die Hebreeuse konsonentale teks gestandaardiseer is. Hulle het ook verder gegaan en die Hebreeuse teks van vokale voorsien. Daar was twee motiverings hiervoor. Die eerste was in belang van behoud van die uitspraak en die tweede was ‘n poging om teksakkurate kopiering te versker in die toekoms.
Daar was twee hoof skole onder die Masorete, een in Babilonie (die Ooste) en die ander onder tiberius in Palestina (die Weste). Die Duitse skolier Paul Kahle het baanbrekerswerk gedoen in die verklaring van die materiaal wat deur die Masorete gebruik is. Kahle se navorsing het uiteindelik Kittel se Biblica Hebraica en die latere Biblica Hebraica Stuttgartensia. Deur gebruik te maak van Genizah as sy hoofbron van getuienis, het hy ‘n tesis ontwikkel rondom Hebreeuse vokalisering. Hy is dan die eerste om die twee rabbynse leerskole in Palestina en Babilonie te erken en uit te wys dat elkeen ‘n volledig gevokaliseerde teks daargestel het. Hierdie twee weergawes is uiteindelik saamgesmelt in die Tiberiese vokalisasie wat ‘n integrale deel uitgemaak het van die Ben Aser teks en die Mazorah (Encyclopedia Judaica, 2008).
Die Masorete het baie sorgvuldig te werk gegaan met die kopiering van die teks en hulle het hulle by baie streng reels gehou (Bibile.org, 2000?). Hulle het ‘n bepaalde soort ink gebruik en die grootte en kwaliteit van die perkament velle was vasgestel. Geen individuele letter mag neergeskryf gewees het eerdat daar weer teruggekyk is na die kopie voor hulle nie. God se naam mag nie geskryf gewees het met ‘n vars gedipte pen nie, om inkkolle te voorkom. Selfs al sou die koning hom aanspreek terwyl hy God se naam neerskryf, moet hy dit ignoreer en eers klaarmaak. Hulle het die paragrawe, woorde en letters getel om seker te maak dat hulle reg gekopieer het. Hulle was bekend met die middelste letter van elke boek, sodat hulle kon terugtel om seker te maak dat hulle korrek gekopieer het.
Die Masorete het het ‘n uitgebreide stelsel van kantaantekeninge gemaak waarmee hulle probeer voorkom het dat enige iets by die teks gevoeg word terwyl daar ook niks uitgelaat word nie. Die aantekeninge is aan die kant gedoen (massora marginalis), bo en onderaan die teks (massora magna), vertikale kantaantekeninge (massora parva), en aan die einde van ‘n bepaalde teks (massora finalis) (Deist, 1978:53-57).
Massora margianlis: Die Babiloniese Talmud hou voor dat die skrywers hoofsaaklik drie dinge gedoen het; uitspraak vasgestel, sekere woorde weggelaat, en af en toe alternatiewe teks voorgstel. Lg is gedoen deur of die bestaande teks te vervang, of deur daartoe by te voeg.
Massora finalis: Supplementere kommentaar word hier gelewer, bv. die voorkoms van soortgelyke konstruksies, en ook inligting oor woordeskat. Jacob ben Chayyim het ‘n tipe konkordansie opgestel met ‘n alfabetiese lys woorde wat in die teks voorkom in sy uitgawe.
Dit is belangrik om daarop te let dat die Oosterse en Westerse skole nie dieselfde afkortings en terminologie in hulle kantaantekeninge gebruik het nie. Mettertyd het die kuns om hierdie aantekeninge te lees heeltemal verval en is die aantekeninge slegs op sigwaarde gekopieer. Dit was eers in 1600 nC dat Jacob ben Chayyim daarin geslaag het om die aantekeninge te ontsyfer.
Die Massorete het kritiese indikators by die kantaantekeninge gebruik (Deist, 1978: 56-59). Drie redes hiervoor word geindentifiseer; om spesifieke aandag na die teks te trek, om twyfel in die akkuraatheid uit te lig, en om vir die leser aan te dui dat die teks vir een of ander rede aangepas is. Deist lys dan ook ‘n hoeveelheid tegnieke wat deur die Massorete gebruik is in hulle aantekeninge:
Groot skrif (literae majusculae): Letters is met opset vergroot (nie hoofletters nie) waar aandag na sekere teks getrek wou word, of waar die vergrote letters ‘n besonderse betekenis gedra het.
Klein skrif (literae minusculae): Die skrif/letters is met opset verklein (nie kleinletter nie) om aan te dui dat die grammatika van die woord nie die standaard was nie.
Hangende letters (literae suspensae): In hierdie gevalle is die letters horisontaal uit die lyn geskryf, gewoonlik effens hoer as die res van die teks. Dit was om aan te dui dat die teks geredigeer is, of dat daar onsekerheid oor die teks bestaan het.
Die omgekeerde nun (nun inversum): Sit ‘n kappie op die u in beide gevalle. Hierdie kan vergelyk word met teks wat in hakies gesit word. Die afleiding wat gemaak word is dat die teks nie werklik daar gehoort het nie.
Vreemdsoortige punte (puncta extraordinaria): Hierdie punte is oor enkele letter of woorde in hulle geheel gesit om aan te dui dat daar doktrinale of tekstuele onsekerheid oor bestaan het.
Die Massorete het ook die teks op ander maniere verander of gemerk (Deist, 1978: 59-63). Waar hulle bevind het dat die teks ontheiligend is teenoor God het hulle dit eenvoudig verander. Daar is ‘n teorie wat volhou dat hierdie veranderinge onder die lei van die Saduseers gedoen is in die Hasmoniese tydperk en dat die Fariseers ‘n einde daaraan gemaak het. Die veranderinge is wel duidelik gemerk wat dit moontlik maak om dit te herken self retroaktief te korrigeer.
Nog ‘n tegniek wat die Massorete gebruik het was om die vorm van ‘n letter te verander na gelang van waar dit in ‘n woord voorgekom het. Sodoende het hulle met die vorm van die letter ‘n indikasie gegee van woord-afbreking waar woorde aanmekaar geskryf was in die teks.
n Verdere tegniek van die Massorete was met die hantering van die probleem aan die einde van ‘n reel. Aanvanklik is daar geskryf tot aan die einde van die reel en dan is die woord eenvoudig daar afgebreek en het aangegaan op die volgende reel. Die Massorete het spesifieke letter geidentifiseer. Wanneer ‘n skrywer een van hierdie letters na aan die einde van ‘n sin teengekom het, het hy eenvoudig die letter uitgerek tot aan die einde van die reel en dan oorgegaan na die volgende reel.
Skrywers het gebruik gemaak van geheime kodes in die teks. Waar die Massorete hierdie teks aangetref het, het hulle dit so gelaat. Dit het te doen gehad met die omruiling van letters volgens ‘n vasgestelde reel. Die ontsyferaar sou bekend moes wees met die reel om die kode to ontrafel.
Tot en met die Talmudiese tydperk is die teks as een lang aaneenlopende teks neergeskryf. Rondom hierdie tydperk is daar egter tekens in die teks ingewerk om die einde van verse aan te dui. Groter indelings is ook in die teks aangebring. Hierdie was vir praktiese doeleindes. Die Torah moes een maal ‘n jaar deurgelees word in Babilonie, en een maal elke drie jaar in Palestina. Die indelings van die teks was prakties daarop gerig om te help met die deurlees proses. Die teks was ook verder ingedeel in oop en toe paragrawe. Jackson (1908-1912) identifiseer teksindelings wat reeds voor die Talmudiese tydperk gedoen is, maar daar blyk nie enige standaard gebruik te gewees het nie. In hierdie gevalle is daar reels oopgelaat om ‘n breek in die teks aan te dui, gelykstaande aan ‘n hoofstuk breek.
Die vokalisering van die teks
Die Babiloniese skool in die Ooste het nie so ‘n groot bydrae gelewer tot die vokalisering van die teks as die Palestynse skool in die Weste nie. Tog kan hulle invloed nie ontken word nie, alhoewel dit grootliks te danke is aan ‘n groep, die Karaiete (soortgelyk aan die Qumaran sekte) wat hulle toegewy het aan ‘n studie van die skrifte. Hulle, soos die Qumran sekte, het ook op oorblyfsels van die skrifte afgekom in grotte, o.a. die Damaskus Fragment. Hierdie groep het hulle later nader aan Jerusalem gaan vestig (Deist, 1978: 64-74).
Die Massorete in die Ooste het ‘n sisteem gebruik waar hulle die vokale bo-oor die konsonante geskryf het (supralinier). Daar was twee metodieke geidentifiseer, ‘n eenvoudige stelsel (dateer van die 5de tot die 7de eeu) en ‘n meer komplekse (8ste tot 9de eeu). Kahle het daarin geslaag om hierdie werke van die Massorete te kategoriseer en daarmee saam dit te ontsluit vir gebruik.
Die Massorete in die Weste het ook ‘n supraliniere vokalisering van die teks gevolg. Hulle metode was nie baie gesofistikeerd nie en het gebreke getoon. Hulle blyk ook nie altyd sekerheid te gehad het oor die uitspraak van woorde nie en het dan lukraak vokale toegeken op grond van hoe hulle besluit het die uitspraak moes lees. Aan die ander hand, is hierdie siening dalk te krities en is die uitspraak dalk eerder voorstellend van omgewingstaal en dialek. Ten minste elf verskillende sisteme word geidentifiseer in die vokalisering van die Palestynse tekste.
Die Tiberiaanse Massoriete het ‘n innoverende sisteem van vokalisering gebruik, bekend as die Tiberiaanse sisteem. Hulle het nie slegs vokale ingevoeg nie, maar ook aksenttekens gebruik om aan te dui waar die aksent in die woord val. Die Tiberiese sisteem het die vokale onder die konsonante geskryf (infralinier). Die sukses van die sisteem kan grootliks aan twee families en die Karaiete toegeskryf word. Die Ben-Asher familie het die teks teen die 14de eeu reeds so geredigeer gehad dat dit as die Textus Receptus gebruik was vir die Ben Chayyim uitgawe van die teks.
Die ander familie, die Ben-Naftali’s, was meer rigied en gesistematiseer in hulle vokaliseringsproses. Uiteindelik was daar groot verskille tussen die resultate van die twee families. Hierdie verskillie het weer ‘n nuwe studieveld van die Massorete geword, met spesifieke verwysing na Mishael ben Uzziel. Die Ben-Naftali familie se grootste nalatenskap was die Kodeks Erfurtensis.
n Derde sisteem word herken in die Kodeks Reuchlinianus wat ‘n Tiberiaanse vokaliseringspatroon aandui, maar ‘n Palestynse uitspraak reflekteer.
Deist (1978: 69) identifiseer drie belangrike punte om na op te let. Eerstens, daar is verskille in die konsonentale teks, alhoewel baie beperk. Tweedens, punktuasie verskil, en derdens, die sisteem van vokalisasie in die Ben-Naftali manuskripte is meer konsekwent as die in die Ben-Asher manuskripte.
Die vokalisering van die teks het sekere probleme opgelewer wat erkenning regverdig. Ten eerste is die feit dat spelling en punktuasie van die Massorete by ‘n latere stadium van die taal pas en nie by die tyd waarin die teks ontstaan het nie. Dit is ook nie altyd duidelik watter reels gevolg is met die punktuasie nie, en of die reels regverdigbaar is nie. Daar is selfs sprake dat die reels geforseer is. Daar bestaan ook vrae rondom die fonetiese waarde wat aan simbole toegedig is. Party simbole blyk meer as een waarde te besit, terwyl ander waardes meer as een simbool aan hom gekoppel blyk te he. Die morfologie van die teks blyk verskeie tydperke te oorvleuel eerder as om aan ‘n enkele tydperk gebonde te wees (ideaal die tyd waarin die teks onstaan het). Dit is veral duidelik in die gebruik van woordsuitgange.
In konklusie is dit belangrik om te onthou dat die teks oor baie jare saamgestel is en dat klinkklare duidelikheid nie bereikbaar is nie. Ten spyte daarvan is die verskille baie min. Enige voorstelle en teoriee wat volg sal egter altyd hipoteses bly en voorlopig van aard wees.
2.5 Die belangrikste Hebreeuse manuskripte
Vir die doeleindes van hierdie bespreking sal ons onsself beperk tot die geskrifte wat Deist in sy bespreking identifiseer (Deist, 1978: 74-83).
Die Qumran Bybel Manuskripte: Daar is ‘n verskeidenheid geskrifte in die Qumran omgewing naby die Dooie See gevind, bekend as die Qumran geskrifte. Nog geskrifte is by Wadi Murabba gevind, nie ver van daar nie. Hierdie geksrifte, wat almal van voor 150 nC dateer word hier saam gegroepeer en die belangrikstes word bespreek.
Die Rolle van Jesaja: Die Rolle van Jesaja is in die Dooie See Grotte gevind in 1947. Dit dateer terug tot ongeveer 100 vC en is die oudste bekende kopie van Jesaja. Voor hierdie ontdekking was die oudste kopie van Jesaja te vind in die Kodeks Leningrad. Die Rolle van Jesaja is 1100 jaar ouer as die Kodeks Leningrad, wat uitstekende geleentheid bied om die transmissie van Bybelse teks oor eeue te vergelyk. Benner (1999-) wys in sy ontleding van die teks duidelik daarop dat daar feitlik geen noemenswaardige verskille in die tekste bestaan nie, gegewe die verskil in ontstaanstye en die maniere waarop tekste gereproduseer is.
Die Habakkuk Kommentaar: Dit is ‘n vers op vers kommentaar oor die eerste twee hoofstukke van Habakkuk alleenlik. Die geskrif dateer terug tot ongeveer 50 vC. Die kommentaar in die geskrifte is gerig op die tyd, omgewing, mense en situasies van die kommentator. Dit gee dus waardevolle insig in die leier van die Qumran gemeenskap, eerder as wat dit tekstuele waarde het (Bruce, 1958: 1-2).
Die Tekste van Samuel: Die ontdekking van die tekste van Samuel het dit duidelik gemaak dat die Septuagint noodwendig van Hebreeuse geskrifte af gepen moes gewees het, aangesien die Qumran weergawes nader was aan die Septuagint as aan die Masoretiese tekste. Tov (2000?: 1-15) gee ‘n insiggewende uiteensetting hiervan waar hy die ooreenkomste en verkille kategoriseer.
Die Teks van Jeremia: Die teks van Jeremia in die Masoretiese tradisie is heelwat langer as die van die Septuagint. Die Septuagint se korter weergawe is in lyn met die teks van Jeremia wat in die die vierde grot van die Dooie See gevind is. Rata (2008: 39-51) skryf ‘n oorsig en kritiek oor die komposisie en transmissie van die teks van Jeremia. Hy spreek die teorie aan dat die Vulgata nie op die Masoretiese teks gebasseer was nie, maar op ‘n vroeere Hebreeuse teks waaruit beide tekste ontstaan het, die Masoretiese sowel as die Vulgata. Uiteindelik neem hy sterk standpunt in ten gunste van die Vulgata oor die Masoretiese teks.
Ander tekste: Fragmente van al die boeke van die Ou Testament is in die omgewing van die Dooie See gevind, met uitsluitsel van Ester. Deist (1978: 77) noem die volgende kommentare by name: Miga, Nahum en Ps. 37.
Die Ben Asher Manuskripte: Hierdie manuskripte het tot stand gekom uit die pen van die Ben Asher familie wat vroeer reeds genoem is.
Die Kodeks Cairensis: Bevat die geskrifte van die sg. vroeere en latere Profete. Die eindnotas dig die werk toe aan Moshe ben Asher. Dit se ook dat die maunuskripte deur die kruisvaarders weggevoer is en later aan die gemeenskap van Karaites van Kairo terugbesorg is, vandaar die naam van die manuskrip. Kahle betwis die werk as ‘n onsuiwer of nie-tiperende werk van Ben-Asher. Die belang van die dokument le daarin dat dit die oudste bekende Hebreeuse manuskrip is wat die algehele teks van die Nevi’im (Profete) van die Ou Testament bevat, volgens Joodse tradisie en terminologie. Dit sluit Jesaja, Esegiel, Jeremia en meeste van dei kleiner profete in, met die uitsondering van Daniel. Ook Rigters, Joshua, Konings en Samuel word ingesluit en gereken onder die vroeere profete (The Scribe on Saturday, 2007).
Die Kodeks Aleppo: Hierdie dokument het oorspronklik die hele Ou Testament beslaan, voor ‘n kwart daarvan vernietig is deur vuur in die Arab-Israeli oorlog van 1948. Dit was ‘n baie spesiale teks wat slegs op uitgesoekte geleenthede gebruik was en mag nooit gefotograveer of gekopieer gewees het nie. Die punktuasie van die teks word toegesskryf aan Aaron ben Moshe be Asher. Die teks is Aleppo gepreseveer, vanwaar die naam van die teks. Daar bestaan wel kontroversie oor die ‘outeurskap’ van Aaron ben Moshe ben Ahser en die getuienis dui sterk daarop dat dit slegs ‘n kopie is en nie ‘n oorspronklike dokument van die geleerde nie. Die geskrif was nie beskikbaar gestel vir die samestellers van dei Biblia Hebraica nie, maar dit vorm wel die basis van die Jerusalem Edisie van die Ou Testament. Een van die mees bekende manuskripte, wat ‘n nabye vergelyking van die Kodeks Aleppo is, is die MS Leningrad, wat die Bybel in sy geheel is. Geskryf in Egipte in 1008 deur Shmuel Ben Ya’aqov, dit is tot vandag toe nog volledig bewaar. Aangesien die vokalisering en punktuasie ooreenstem met die Kodeks Aleppo, het skoliere begin om hierdie dokument te gebruik om die Kodeks Aleppo te rekonstrueer (The Aleppo Codex, 2000?).
Die Kodeks Leningradensis: Hierdie teks word ook toegeskryf aan Aaron ben Moshe ben Asher en is omstreeks 1008/9 voltooi. Dit eindig in Leningrad (hedendaags St. Petersburg) op waar dit behoue bewaar word en vandaar die naam. Dit is die oudste en mees belangrike weergawe van die algehele Ou Testament manuskrip in die Ben Asher tradisie wat ons het. Weereens word die ‘outeurskap’ bevraagteken en herken skoliere suiwer Ben Naftali tradisies in die teks. Hierdie teks is gebruik as basis vir Kittel se derde uitgawe van die Biblia Hebraica. Die boeke van Samuel, Konings, Kronieke en Esra-Nehemia vorm een enkele boek in die manuskrip, soos hulle oorspronklik was. Die twaalf kleiner profete maak ook een boek uit, aangesien hulle destyds almal saam op een rol gekopieer was. Die Kodeks se belang le daarin dat meeste moderne gedrukte uitgawes van die Hebreeuse Bybel hierdie teks as basis gebruik. Die rede hievoor is omdat dit die oudste volledige manuskrip is wat op die Masoretiese sisteem gekopieer is, volgens aanduiding, onder die Ben Asher familie (Lundberg, 2000-)
Ben Naftali Manuskripte: Hierdie was oorspronklik ‘n versameling van 17 manuskripte wat aan die middeleeuse gemeenskap van Erfurt behoort het en word dan ook meer geredelik na verwys as die Erfurt Versameling. Die kosbare versameling is weggesluit gehou tot aan die einde van die 17de eeu in die Erfurt Gemeenskaps Biblioteek, waarna dit in die inventaris van die biblioteek van die ‘Evangelical Ministry in the Augistinian Monastery’ opgeneem is. Van hier is dit vir bewarings motiverings aan dei ‘Royal Library’ in Berlyn verkoop. Ten spyte van die kulturele belang van die Erfurt Versameling, is daar min onlangse navorsing op die manuskripte gedoen met nuwe wetenskaplike metodiek. Tot op datum is daar nog geen poging aangewend om die dokumente in hulle geheel te ondersoek, aan die hand van ander arfaktes van die middeleeuse Joodse gemeenskap nie. Uiteraard is daar dus ook nog geen kontekstuele analise onderneem nie. Die enkele individuele studies wat wel onderneem is, dateer uit die 18de en 19de eeu en fokus bykans eksklusief op die Hebreeuse Bybel manuskripte in die versameling, met spesifieke verwysing na die interpretasies van Bybel tekste, die filosofiese karaktertrekke van die Aramese targumim, en die variante van die Masoretiese kommentare (Landeshauptstadt Erfurt, 2000?).
n Pseudo-Ben Naftali Manuskrip (Kodeks Reuchlinianus): Alhoewel aanvanklik geglo is dat hierdie teks aan die Ben Naftali familie behoort, het Diez Macho bo alle twyfel bewys dat dit nie so is nie en dat die teks proto-Tiberiaans is. Die waarde van die teks le in datering en verstaan van die simbole in vergelyking met ander (Gibson, 1974: 92-93).
Die Pietersburg Kodeks van die Profete: Die teks is in 1839 deur Firkowitch in ‘n sinagoge ontdek. Dit dateer van die 10de eeu nC. Ten tye van die ontdekking daarvan het dit die eerste lig gewerp op die Babiloniese sisteem van vokalisering. Tog is die uitspraak van die vokalisering Tibetaans. Gedeeltes van die teks is selfs in suiwer Tibetaanse styl geskryf (Quartz Hill School of Theology, 2000?).
Die Nash Papirus: Tot en met die ontdekking van die Qumran geskrifte was hierdie dokument die oudste manuskrip tot beskikking vir Ou Testamentiese tekskritiek. Dit is in 1902 (1903?) deur Dr. Walter Llewellyn Nash aan die Cambridge Universiteitsbiblioteek gegee en is waarskynlik ‘n liturgiese dokument uit die Makabese tydperk. Die dokument, wat gedeeltelik beskadig is, bevat die 10 gebooie, saamgestel uit beide Eks. 20 en Deut. 5, asook die “Luister!” (Sema) van Deut. 6:4(-5). Die manuskrip was oorspronklik geidentifiseer as leksikonies agv die posisionering van die dekaloog teenoor die Sema gebed. Daar word selfs bespiegel dat dit deel vorm van ‘n ‘phylactery’ wat in daaglikse gebed gebruik was. Dit is van ‘n Egiptiese handelaar gekoop en kom na bewering uit Fayyum (Outhwaite, 2000?).
Die Geniza tekste van Kairo: Geniza, wat stoorkamers beteken, is waar daar ongeveer 200 000 tekste, manuskripte en fragmente gevind is toe die antieke Ben Esra Sinagoge in Fustat, Kairo, herbou is (Deist, 1978: 81). Hierdie inligting van Deist is nie 100% akkuraat nie. Die ‘ontdekking’ van die dokumente word eerder toegekryf aan die naspeuring van Dr. Solomon Schechter, wat twee rare dokumente gewys was en hulle oorsprong probeer navors het. Hierdie soektog het hom na die genizah in Egipte gelei en was befonds deur St. John’s College van Cambridge Universiteit. Meer spesifiek is ‘n geniza(h) ‘n stoorkamer vir beskadigde dokumente. Die dokumente word so gestoor tot hulle op ritualistiese wyse begrawe kan word. Die donker stoorkamer en die droe weer in Egipte het saamgewerk om die dokumente so lank bewaar te laat. Nog ‘n faktor wat tot die dokumente se bewaring bygedra het, is die bygelowe van die omgewing wat teenspoed voorspel het vir enigeen wat met die dokumente sou peuter. Skoliere het van dwarsoor die wereld gestroom om hierdie skatte op te raap en die versameling is vandag versprei oor ‘n verskeidenheid museums en biblioteke. So besit die Leningrad Openbare Biblioteek dan die Firkowitch en Antonin Versamelings. Verskeie ander vername biblioteke het ook gedeeltes van die fonds opgekoop, asook ‘n aantal privaat persone. Die fonds het Hebreeuse en Aramese tekste ingesluit, sowel as Midrash, Mishna, Talmoediese en Liturgiese geskrifte, lyste, briewe ens. Die eerste Hebreeuse manuskrip van Die Wysheid van Jesus Sirach was ook in die stoorkamer gevind, waarvan daar tot op daardie stadium slegs ‘n Griekse vertaling bestaan het. Die manuskripte wat hier gevind was dateer terug na die 5de eeu nC en beslaan dus belangrike inligting oor die pre-Tibetaanse Masoretiese teks. Dit bevat ook belangrike inligting oor die Babiloniese teks tradisie en die vokaliseringssisteem.
Die dokumente dek ‘n verskeidenheid tale waarvan meestal Hebreeus, Aramees en Arabies. Die teks is op vellum, papier, pepirus en lap geksryf. Die ontedekking van die geskrifte het menige studie areas gebaat: die ontwikkelings van die Hebreeuse grammatika; die ontwikkeling van sinangoge lektionaria, vertalings en interpretasies van die Hebreeuse Bybel; die literere geskiedenis van sektariese werke soos die Damaskus dokument en Ben Sira; tekstuele en eksegetiese studies van die Talmoed, Midrash, liturgiese en poetiese literatuur, en die evolusie van die Joodse godsdienstige wette. Verder het dit ook lig gewerp op plekke, persone, kontakte, tale en vele meer. Kairo se sentrale ligging het dit ‘n ontmoetingsplek vir menige kulture en invloede gemaak en die spore hiervan kan in die gezinah versameling gevind word (The Friedberg Genizah Project 2000?).
Die Firkowitch Versamelings: Die wereld se grootste versameling Ou Testamentiese geskrifte kan in Leningrad Openbare Biblioteek aangetref word wat, o.a., twee versamelings van die Russiese Karaiet Abraham Firkowitch insluit. Firkowitch se tweede versameling alleen beslaan 1528 dele van perkamente, 725 tekste op papirus en fragmente, nog ongeveer 1200 ander fragmente.
Firkowitch was ‘n Russiese Jood wat gepoog het om aan die Russiese regering te bewys dat die Karaiete nie verbind was aan Rabbynse Judaisme nie. Hy het die Karaiete se oorpsrong terug gewys na die tien stamme van die Diaspora en gepoog om te bewys dat hulle geen aandeel gehad het in die kruisiging van Jesus nie. Om hierdie bewyse te vind, het hy die Nabye Ooste en Meditireense lande deurkruis opsoek na manuskripte. Hy het manuskripte opgekoop in Konstantinopel, die Krim, Kaokasie, Egipte, Sirie, Palestina en Jerusalem. Ongelukkig het hy homself ook skuldig gemaak aan vervalsings. Sy versameling sluit tekste in van die Talmoed, die Karaiete en die Samaritane van Nablus. Hierdie versamelings is uiteindelik teen ‘n astronomiese prys aan die biblioteek in Leningrad verkoop (Deis, 1978: 82).
Die meeste van Firkowitch se werke kom van die genizah in Kairo. Hy het op hierdie fonds afgekom voor die groot ontdekking daarvan deur die Weste en baie dokumente weggedra voor enige iemand anders kans gehad het om dit te besigtig. Dit is juis dokumente wat deur hom weggedra is wat Dr. Schechter op die Kairo spoor gesit het (Hayman, 1993:149-150).
Die Verlore Manuskripte: Daar is verskeie manuskripte waarvan ons kennis dra agv hulle voorkoms in ander manuskripte, maar hulle het intussen verlore geraak. Party van hierdie verlore manuskripte se name is bekend, soos die Kodeks Severi, Hillel, Muga, Jerigo en Jerusalem (Deist, 1978: 82-83).
    1. Verskeie gedrukte uitgawes van die Hebreeuse teks
Johann Gutenberg het die eerste suksesvolle drukkerspers ontwerp.Wat sy weergawe so suksesvol gemaak het was dat dit ‘n uniforme letter-tipe gehad het en die ink was nie water-oplosbaar nie. Die oudste volledige boek van hierdie drukkery wat nog bestaan is die Gutenberg Bybel, wat ‘n Latynse Bybel is wat 1282 bladsye beslaan. Die groot deurbraak wat die druk van boeke te berge gebring het, was dat kopiee nie meer met die hand gereproduseer was nie, wat menselike foute grootliks uitgeskakel het. Die bespreking fokus op boeke wat na 1500 dateer (Deist, 1978: 83-87).
Die Bomberg Bybels: Daniel Bomberg het ‘n Hebreeuse Bybel gedruk in 1517 op aandrang van ‘n bekeerde Jood, Felix (wat ‘n eerste onsuksesvolle poging geredigeer het). Hierdie Tweede Rabbynse Bybel beslaan drie tekste: die Hebreeuse teks met ‘n uitgebreide massora; ‘n Aramese vertaling; en ‘n kommentaar deur vier rabbis. Dit is eers met sy derde uitgawe van die Biblia Hebraica dat Kittel weggedoen het met hierdie Bybel as sy fondasie teks (Deist, 1978:84). Jacob ben Hayim het die tweede weergawe geredigeer. Dit is hierdie tweede uitgawe van Bomberg wat op die Masoretiese teks geskoei was en die standaard geword het vir daaropvolgende Bybels (Karp, 1991).
Die Michaelis Edisie: J.H. Michaelis en C.D. Michaelis het gesamentlik ‘n 1699 teks, die Erfurtensis, geredigeer en in 1720 herdruk met waardevolle tekskritiese verwysings (Deist, 1978:84). Die Michaelis uitgawe was op Jablonski gebasseer met ‘n vergelyking van 19 uitgawes en 5 manuskripte van Erfurt. Hierdie uitgawe is herhaaldelik herdruk dwarsdeur die 18de eeu (Toy & Jacobs, 1906).
Die Kennicott Edisie: Hierdie uitgawe van 1780 is gebasseer op die 1705 edisie van Hooght en die Samaritaanse Pentateug in die Londonse Poligloot. Dit bevat verwysings na 52 ander uitgawes met 16 kodises van die Samaritaanse Pentateug vorm die kritiese apparatus daarvan(Deist, 1978:84) . Die Kennicott Bybel is een van die weelderigste Spaanse manuskripte wat bestaan. Dit is geheel en al gevokaliseer met Masoretiese notas wat handgeskrewe is in Shepardi skrif. In bokvel gebind, in boksformaat en geembosseer aan al ses kante, is dit een van die mooiste Bybels in bewaring Daar is groot sorg geneem met die kopiering (facsimilee) van hierdie Bybel (Facsimile Editions (2000?).
Die Ginsburg Edisie: Die British and Foreign Bible Society het C.D. Gonsburg gevra om vir hulle ‘n Ou Testament saam te stel. Hy het die Tweede Rabbynse Bybel as fondasie gebruik hiervoor. As kritiese apparatus vir sy uitgawe het hy manuskripte en uitgawes, wat voor 1524 dateer, saamgestel. Die inleiding vir sy werk is ‘n dokument van 1005 bladsye. Die eerste uitgawe van sy werk verskyn in 1908 en die tweede in 1926 (Deist, 1978:84-85).
Kittel se Biblia Hebraica: Die eerste twee uitgawes van Kittel se Biblia Hebraica was gebasseer op die Bomberg Bybel, wat deur Ben Chayyim geredigeer was. Met die derde uitgawe het hy egter toegang gekry tot die Leningradensis dokumente en die Kodeks Aleppo, en dit as basis gebruik. Met aansienlike finansiele ondersteuning vir die projek, was die weg gebaan. In die inleiding tot sy werk verklaar hy dat die uitgawe gebasseer is op die Leningradensis, verder teruggaan as die Rabbynse Bybel na die Masoretiese teks, aangsien dit die Ben Asher weergawe is. Hy het hom dus beywer tot ‘n suiwer teks waar slegs opvallende foute gekorrigeer is. ‘n Krtiese Apparatus is in twee kolomme ingevoeg met ‘n onderskeid tussen meer en minder belangrike emandasies. Die volledige derde uitgawe was in 1937 gepubliseer (Deist, 1978:85-86).
Die Snaith Edisie: Hierdie uitgawe is weereens gekommandeer deur die British and Foreign Bible Society en is saamgestel deur N.H. Snaith uit die Ben Asher dokumente en die Shem-Tob Bybel. Geen kritiese apparatus is ingevoeg nie (Deist, 1978:86).
Die Biblia Hebraica Stuttgartensia: Hierdie is ‘n kleiner uitgawe van Kittel se Biblia Hebraica. Dit poog om die Leningradensis akkuraat weer te gee, sonder enige veranderinge, terwyl die massora apart verskyn. Die kritiese apparatus is in sy geheel geredigeer. Die voltooide uitgawe het in 1978 verskyn (Deist, 1978:86).
Die Jerusalem Edisie: Onder die redaksie van M.H. Goshen-Gottstein is daar sedert die 1960’s aan ‘n nuwe uitgawe van die Hebreeuse Bybel gewerk. In samewerking met die Hebrew University Bible Project, word hierdie Bybel opgestel uit die Codex Aleppo. Hierdie is ‘n volwaardige uitgawe met ‘n uitgebreide Masoretiese Kritiese Apparatus. Dit bevat ook ‘n redelik omvattende verwysing na ander vertalings en uittreksels uit ander antieke geskrifte. Dit het uiteindelik in 1975 verskyn(Deist, 1978:86-87).
3. Die Aramese Getuienis tot die Ou Testament
3.1 Die invloed van die Aramese taal
Die meeste van die Aramese getuienis waaroor ons vandag beskik dateer terug na die 7de en 8ste eeue nC, selfs so ver as die 16de. Tog kan hulle oorsprong baie verder teruggevolg word. Teen die einde van die 8ste eeu vC was die Aramese mag reeds gebreek en het Assirie beheer oorgeneem in die Nabye Ooste. Tog het die Aramese taal oorleef en die voertaal van die omgewing geword, die lingua franca. Aramees was wyd verstaan en gepraat van Assirie tot Egipte.
Aramees was inderdaad die amptelike taal wat deur die Persiese administrasie gebruik word. Esra 4:7 gee ‘n duidelike voorbeeld hiervan waar die Persiese koning ‘n amptelike brief skryf aan Palestina. Die taal wat hy gebruik om in te kommunikeer is Aramees. Hierdie amptelike weergawe van Aramees, wat verskil van die gesproke dialekte, word in die algemeen na verwys as Impieriese Aramees.
Met die val van die Persiese Ryk het Grieks gaandeweg die lingua franca geword en Aramees vervang. Tog het Aramees ‘n belangrike kommunikasie medium gebly en dit is wyd gepraat. Hierdie algemeen geproke Aramees word Middel Aramees genoem. Uit hierdie Aramees het twee nuwe vorme van die taal ontwikkel, nl. Oos en Wes. Joodse Aramees, soos gebesig in Palestina, toon duidelik die Oostelike invloed. Hierdie diagram van Deist (1988: 118) sit die ontwikkeling van die taal duidelik uiteen:
Voeg die diagram op p 118 in.
Daar is ook enkele getuienisse wat dui op ‘n tipe meertaligheid waar die skrywers klaarblyklik ‘n vorm van literere Aramees magtig was, sowel as ‘n lokale dialek. Hierdie tipe tweetaligheid word diglossia genoem (Deist, 1988: 117-118).
3.2 Verskeie Aramese vertalings van die Ou Testament
Die invloed van die Aramese kultuur op die Ou Testament kan gesien word by die in gebruikneming van die Aramese karakters, eerder as die Kanaanities-Hebreeuse alfabet. Uiteindelik is hierdie Assiriese letters ook as heilig beskou. Aangesien Aramees die voertaal geword het, en die gemeentes nie meer die Hebreeuse teks verstaan het nie, was dat nodig dat daar met ‘n oplossing vorendag gekom moes word. Hierdie oplossing is gevind in amptelike vertalers. Die vertalers het of die diens waargeneem, of geassisteer. Hierdie vertaler was ‘n ‘metargumen’ genoem en die vertaling self was ‘n ‘targum’ genoem.
Die intensie met ‘n targum was nie ‘n woordelikse vertaling nie, maar eerder ‘n interpretasie van die teks, soos verstaan deur die vertaler. Sulke verklarende vertalings het verkillende vorme aangeneem afhangend van die tipe teks en die doelstelling van die vertaling. So was daar vertalings wat gemik was op kultuur of tradisie (halakhah), die letterlike betekenis (peshat), die soeke na antwoorde op godsdienstige kwelpunte (midrash), en die uiteensetting van rites (haggadah). Die implikasie hiervan was dat vertalers nie elke keer die teks dieselfde geinterpreteer het, of vertaal het nie, maar nuwe betekenisse daaraan kon heg bepalend deur die verlangde uitkoms.
Met verloop van tyd is hierdie Aramese vertalings neergepen. Aangesien elke sinagoge sy eie vertaler gehad het, het die tekste drasties van mekaar verskil. Dit was wel verbied om ‘n Aramese teks te lees sonder die gepaardgaande Hebreeuse teks, wat gesorg het dat die Hebreeuse teks die outoritere teks gebly het. Ten spyte daarvan dat hierdie tekste oenskynlik lukraak ontstaan het, sonder oorhoofse beheer, kan daar twee duidelike ontwikkelingslyne onderskei word in Palestina en Babilonie. Daar word dan ook verwys na die nie-amptelike weergawes uit Palestina, terwyl die Babiloniese vertalings as die amptelikes beskryf word. In der waarheid is die vertalings uit Palestina geinkorporeer by die Babiloniese vertalings en is hierdie onderskeid dus nie heeltemal regverdig nie. Die redigering van tekste het uiteindelik tot twee amptelike weergawes gelei; die Targum Onkelos, wat die wet beslaan het, en die Targum Jonatan, wat die profete beslaan het. Die formalisering van die amptelike targums het nie weggedoen met die outoritere Hebreeuse vertalings nie.
Deist (1988: 120-121) lys ‘n aantal opmerkings oor die targums wat belangrik is om van kennis te neem:
  • Die vertalings mag van gedoen gewees het van redelik antieke tekste;
  • Die vertalings gee insig in die sinagogiese verstaan van die Hebreeuse teks;
  • Verskillende betekenisse van ‘n teks kan uit die vertalings geidentifiseer word, wat insluit, betekenis sowel as verskuilde betekenis;
  • Die bestaan van amptelik sowel as nie-amptelike vertalings maak dit moontlik om insig te kry in die mate van beheer wat toegepas was in die vertalings;
  • n Studie van die targums laat ons insig toe in die ontwikkelingslyn van die verstaan van die Hebreeuse teks;
  • Terselfdertyd moet gewaak word teen aannames aangesien hierdie ontwikkelingslyn oor baie eeue strek en dis nie altyd moontlik om tye aan bewegings vas te maak nie;
  • Aangesien die talmoed en die targums uit dieselfde Joodse sirkels ontspring, sal daar oorvleueling wees in die twee kampe. Daar moet gewaak word om aannames te maak oor watter een die ander beinvloed het;
  • Die lees van veskillende targums sal aan die lig bring dat daar populere en amptelike vertalings bestaan het. Dis moeilik om te bepaal watter een die ander beinvloed het met die redigeringproses;
  • Targums kan ons help om die tendense van die interpretasie van Hebreeuse tekste te verstaan, eerder as dat dit insig gee in die rekonstruksie van Hebreeuse tekste.
3.3 Verskeie Targums
n Studie van die verskillende targums moet noodwendig twee groepe onderskei, nl die amptelike targums uit Babilonie en die nie-amptelike targums uit Palestina.
Die Pentateug Targums
Targum Neofiti I: Hierdie nie-amptelike targum kom uit Palestina. Die naskrif dateer die targum as 1504. Tog dui die inhoud daarop dat die manuskrip veel ouer moet wees, afgelei uit die voorkoms van geografiese name, selfs so oud as die 2de eeu nC. In hierdie manuskrip het ons ‘n volledige Palestynse targum van die Pentateug.
Die Fragmentiese Targum: Hierdie is ook ‘n nie-amptelike Palestynse targum. Dit staan ook bekend as die Targum Jerusalem II en die Targum Yerushalmi 2. Dit bestaan uit Aramese redisies van geselekteerde tekste uit die Pentateug wat volledig oorgedra is.
Fragmente uit die Geniza Targums: In die geniza in Kairo is ook fragmente van ses manuskripte van Palestynse targums gevind. Aangesien die ses manuskripte nie op dieselfde oorsprong dui nie, dien dit as getuienis van meer as een Palestynse weergawe.
Die Targum Pseudo-Jonatan: Die targum dra die afkorting TJ wat verkeerdelik daartoe gelei het dat dit aan Jonatan toegedig is. Eintlik dui die afkorting op Targum Yerushalmi en word dus bekend as Targum Pseudo-Jonatan. Die targum bestaan uit ‘n vermenging van relatief nuwe sowel as relatief antieke tradisies, moontlik selfs pre-Christelike tradisies. Geleerdes kan nie ooreenstem of dit Onkelos teks is waarby Palestynse werke bygevoeg is, en of dit ‘n Palestynse werk is wat later geredigeer is met ‘n Onkelos aansalg nie.
Die amptelike targum van die Pentateug; Targum Onkelos: Die targum word toegedig aan Rabbi Hiyya bar Abba. Tog blyk dit asof dit eerder vertaal is deur Aquila. Deur dit aan Rabbi Hiyya bar Abba toe te dig verkry die targum meer legitieme status, soortgelyk aan die Pentateug wat aan Moses toegeskryf word. Die targum het sy oorsprong in Palestina, waar is in Babilonie verwerk en geredigeer. Die vertaling word meer letterlik genoem aangesien dit nader aan die Masoretiese teks bly as die Palestynse ewekniee. Hierdie meer letterlike verklaring is in oorweging met ander targums en nie die Masoretiese teks nie.
Die Targums van die Profete
Die amptelike Targum Jonatan: Die enigste volledige teks van die Profete wat oorleef het is die Targum Jonatan. Volgens die Babiloniese Talmoed het Rabbi Hiyya bar Abba na hierdie targum verwys en gese dat Jonatan ben Uzziel dit saamgestel het uit die monde van Hagga, Sagaria en Maleagi. Weereens moet hierdie eerder gesien word as ‘n stelling rakende outoriteit, eerder as outeurskap. Die targum het sy oorsprong vermoedelik in Palestina en is geredigeer in Babilonie. Volgens aanduidings is dit reeds teen 400 nC voltooi gewees, met verwysings na selfs ouer tradisies in die teks self.
Die nie-amptelike Palstynse targums van die Profete: Daar is verwysings na Palestynse targums tot die Profete in middeleeuse kommentare en woordeboeke, maar ons het nie ‘n enkele van hierdie targums wat behoue gebly het nie.
Die Targums van die Geskrifte: Die Geskrifte het geen liturgiese waarde geniet in die sinagoge tradisies, waar slegs uit die Wet en die Profete voorgelees is nie. Die geksrifte se waarde was eerder op toepassing van bv feeste. Om hierdie rede is dieselfde sorg nie met die targums tot die Geskrifte geneem as met die ander tot die Pentateug en die Profete nie. Daar was geen poging aangewend om ‘n amptelike targum tot die Geskrifte daar te stel nie.
3.4 Die kenmerke van die targum rendisies
Deist (1988: 126-133) identifiseer verskeie redes vir die byvoegings, weglatings en alterasies van die teks in die vertalings van die targums. Hy hou voor dat as mens die redes hiervoor verstaan, is dit makliker om hierdie gevalle in die teks op te merk en waardering te he vir die eksegetiese prosesse wat gevolg is.
  • Soms is byvoegings gemaak tot die teks om ‘n uitdrukking meer akkuraat te verklaar;
  • In baie gevalle is figuurlike uitdrukkings vertaal na hulle letterlike betekenisse;
  • Retoriese vrae is in baie gevalle verander na positiewe of negatiewe stellings;
  • Hiperbole is versag om hulle eintlike betekenis weer te gee;
  • Die targums gebruik soms verskillende woorde waar die oorspronklike teks dieselfde woord herhaal. Hierdie blyk vir stilistiese redes te wees;
  • Daar was ook heelwat meer omvattende teksveranderinge teweeg gebring. Daar is verskeie redes waarom dit gedoen is. Soms sodat die (‘sense’) gevoel van die teks weergegee kon word. Soms is die teks selfs in die kompleet teenoorgestelde betekenis vertaal. Dit is verder ook gedoen om teks te vermy wat godslasterlik kon voorkom. Nog ‘n rede hiervoor was om die Messiaanse verwagting lewend te hou. Dan is teks ook baie verleng met invoegings om handelinge en optredes te verklaar. ‘n Verdere rede waarom teks bygevoeg is, is vir onderwysingsdoeleindes, waar ‘n morele of etiese les uit die teks te put is. Op dieselfde manier is daar dan ook gepoog om met weersprekings in die teks weg te doen en om disrespek teenoor die vorige geslagte die nekslag toe te dien. Vir hierdie selfde redes is sekere gedeeltes van die targum nooit in die byeenkomste voorgelees nie en ander is wel in Hebreeus gelees, maar dan is dit nie vertaal na Aramees nie. Negatiewe insidente in die karakters van die teks se lewens is verander om positief te lees.
Deist (1988: 133-135) wys ook daarop dat daar versigtig te werk gegaan moet word met die retrospektiewe lees van die targums. Daar moet in gedagte gehou word dat die motivering vir die targums liturgies van aard was. Verder is daar ook verskillende vertalingstegnieke gebruik vir verskillende targums. Dan is daar ook nog die kwessie dat die targums die Hebreeuse teks geinterpreteer het volgens spesifieke eksegetiese tradisies en metodes en vir spesifieke omstandighede. Aangesien die targums ‘n interpretatiewe karakter het, le hulle waarde eerder daarin om tradisies van interpretasie uit hulle te put. Sulke tradisies kan ons help om die verskillende interpretings-gemeenskappe en hulle tendense te rekonstrueer. Dit kan ons verder help met Ou Testamentiese eksegese, sodat ons insig kan kry in die tegnieke wat gebruik is om tekste te verleng of te verkort. ‘n Verdere bate wat ons uit die targums kan put is in die verstaan van Nuwe Testamentiese aanhalings van Ou Testamentiese teks. Wanneer ons die woord kanon bedink, gaan dit oor die aanvaarbaarheid van sekere boeke, terwyl die woord in die targums ook ‘n waardestelsel aan boeke gekoppel het waarvolgens ‘n boek status gehad het. Ons kan dus nuwe betekenis koppel aan die woord kanon.
Die volgende aanhaling van Deist (1988: 134-135) som die waarde van die targums vir ons vandag baie goed op:
If one thinks of the fact that these texts were prepared for a specific time,within a specific theological tradition(s), for specific audiences and with specific (educational) aims in mind one has to admit that they create new systems of meaning. Furthermore, if the targums leave out some protions of text (in comparison with the Hebrew text), add portions of texts, change the wording of some texts even into its opposite, create their own geography through the replacing of ancient by contemporary place names, they constitute new texts, texts with their own symbolic universe within which the meanings of the sentences and expressions of the new text refer. If we start studying these texts as texts in their own right, we will come to know more of the world in which they originated and for which they were created.
Die insig wat hieruit gewen kan word, sal ons meer leer oor die studie van herinterpretasie, selfs ons eie herinterpretasie van die Bybel, sodat ons dalk ons eie objeltiwiteit ook in ‘n nuwe lig sal beskou.
4. Die Griekse en Latynse Getuienisse tot die Ou Testament
Onder Alexander die Grote is daar begin met ‘n hellinisasie van die verowerdie wereld. Dit het beteken dat Griekse gebruike, kultuur, wette, taal ens die tradisies en kulture van die verowerde nasies geinfiltreer en oorgeneem het. Alexandrie in Egipte het een van die hoofsentra van Griekse onderrig geword buite Griekeland en Macedonie. As sulks was daar geweldige druk om te helliniseer op hierdie gemeenskap.
    1. Die Septuagint
Dit was in Alexandrie dat die eerste pogings aangewend was om die Wette/Torah in Grieks te vertaal. Net soos met die Aramese vertalings het daar ‘n behoefte aan ontstaan toe die gemeentes nie meer die Aramees (of Hebreeus) kon verstaan nie, maar slegs Grieks, soos die voertaal van die omgewing was. Dit was in antwoord hierop dat die Septuaginta vertaal is. Filo se hiperboliese vertellings rondom 70 geleerdes wat die vertaling in 70 dae gedoen het, het aanleiding gegee tot die naam. Hierdie Griekse vertaling van die Wet was reeds teen die 3de eeu vC voltooi en in gebruik. Die wye aanvaarding daarvan het daartoe gelei dat daar aanvaar was dat Griekse vertalings toelaatbaar was. Hierdie eerste vertalings na Grieks wat as die Ou Grieks bekend staan, is te onderskei van latere gedrukte weergawes. Dit is eers 500 jaar later dat Origen se Hexapla verskyn (Deist, 1988: 138-139).
Ons kan nie Filo se weergawe van die oorsprong van die Ou Grieks as finale woord aanvaar nie en het nodig om dit van naderby te ondersoek. Daar is geen klinkklare bewyse hiervoor nie, maar dit wil voorkom asof dit nie op die Masorete teks gebasseer is nie, maar moontlik selfs die Masosrete teks vooruit dateer.
Om by die moderne Septuagint uit te kom word twee metodes van redigering gevolg. In die eerste word ‘n volledige manuskrip gedruk en dan word alternatiewe teks in ‘n kritiese apparatus voorgestel. Die tweede is om ‘n eklektiese teks te druk met kritiese apparatusse bygewerk. Die Kodeks Vatikanus het die eerste probeer en die probleem ervaar dat dieselfde standaard nie dwarsdeur volhoubaar was nie. Die Gottingen tradisies het die tweede metode gevolg. Hiervolgens is al die beskikbare getuienis gebruik om ‘n Ou Griekse vertaling daar te stel. Dit het vergelyking van tekste reeds mootlik gemaak in die samestelling van die teks. Tog beinvloed die teorie waarop die projek gebasseer is die uitkomste hier. Kom alle Griekse tekste van een proto-teks af, of is hulle die resultaat van multi-tekste? Die teorie waaraan die hipotese gekoppel word sal die resultate van die ondersoek noodwendig beinvloed. Hoe ‘n mens ook al die Ou Grieks en ander teks-tradisies rekonstrueer, die gevolgtrekking is dat die Ou Grieks ‘n samestelling is van ‘n verskeidenheid tekste en vertalings, met ‘n lang lys redigeerders, oor ‘n lang tydeperk. Dit sou dus ‘n fout wees om vanuit die Ou Grieks ‘n enkele Hebreeuse proto-teks saam te stel van die Ou Testament. Die Ou Grieks vergestalt ‘n verskeidenheid Hebreeuse tekste met ‘n verskeidenheid vertalings- en verklarings-tradisies (Deist, 1988: 150-153).
Verskeie mense het met ‘n verskeidenheid teoriee vorendag gekom om die oorsprong van die Ou Grieks te verklaar:
Paul de Lagarde: Lagarde se hipotese hou dat alle nie-Griekse vertalings van die Ou Testament tot stand gekom het na die vaslegging van die Masorete teks en dat slegs die Septuagint ‘n pre-Masorete teks kon reflekteer.’n Rekonstruering van dei oorspronklike Ou Grieks terug na Hebreeus sou dus ‘n pre-Masosete Hebreeuse teks oplewer. Die geniza ontdekkings in Egipte het hierdie teorie grootliks ‘n nekslag toegedien. Om ‘n Proto-Septuagint daar te stel sou meer ingewikkeld wees as ‘n eenvoudige terugvertaling.
Paul Kahle: Kahle gebruik die transmissie van dei targums as basis vir sy teorie. Hy reken dat die brief aan Aristeas as bewys dien dat ‘n gestandardiseerde Griekse teks gepropageer was en dat hierdie teks teen 100 nC reeds in gebruik was. Nuwe Testamentiese skrywers het nie hierdie teks tot hulle beskikking gehad nie, terwyl die kerkvaders dit reeds amptelike status gegee het. Kahle maak dan onderskeid tussen amptelike en vulgere vertalings. Die probleem is dat daar nie bewyse bestaan van die amptelike aanvaarding van die Septuagint nie. Die benaming van enige nie-amptelike teks as vulger is ook ‘n tragiese een met negatiewe konnotasies. Meer resente navorsing het ook getoon dat Kahle se datering te kort skiet.
Dominique Barthelemy: Barthelemy hou dat die teks van die Septuagint sy oorsprong het in ‘n samestelling van die Kaige tradisies en die geskrifte van die vroee kerkvaders, of te wel die Christene in Antiochie en die Palestyns-Joodse sirkel. Die werk is deurslaggewend omdat dit reeds ‘n oorsprong van meer as een teks aanvaar. Ongelukkig koppel hy dit aan geloofstradisies, eerder as suiwer tekstradisies.
Frank Moore Cross en die Harvard Skool: Die teorie behels ‘n redelik gekompliseerde stelsel van hersienings, terwyl dit steeds vashou aan Lagade se toerie van ‘n Proto-teks. Die probleem is dat hierdie siening so rigied is dat dit nie ruimte laat vir nuwe kennis nie, maar nuutverworwe kennis eerder verwring om by die bestaande teorie in te pas. So bestaan daar nie voldoende bewyse om te aanvaar dat die Ou Grieks van ‘n Egipties-Hebreeuse teks sy oorsprong het nie. Qumran geskrifte toon geen tekens van Egiptiese invloede nie. Die verskille tussen Palestynse en Egiptiese geskrifte is ook te vaag om duidelike onderskeid te regverdig. Uiteindelik lyk dit dan asof die teorie poog om die data te manipuleer.
Die Multi-Teks Teorie: Hierdie teorie is ‘n vermenging van vorige modelle, maar ook nuut aangesien dit toelaat dat elke teks tradisie sy eie momentum en ontwikkeling geniet het. Hiervolgens kon tekste ontstaan het sonder die invloede van ander tekste ook, terwyl dit steeds ruimte toelaat vir tekste om wel ‘n wisselwerking op mekaar te gahd het.
n Opsomming van die verskillende teoriee rondom die Septuagint: Die Ou Grieks het ‘n verskeidenheid vertalings tipes getoon, wat gewissel het van konserwatief na parafraserings. Dit wil soms lyk asof meer as een vertaler aan ‘n enkele boek gewerk het, terwyl dit op ander tye weer lyk asof dieselfde vertaler aan meer as een boek gewerk het. Dit is dus nie eers duidelik dat die hele vertaling op een lokale plek plaasgevind het nie (Deist, 1988: 153-163).
    1. Origen se Hexapla
Die kerk het die Ou Griekse weergawe as kanonosies aanvaar en dit was dus ‘n amptelike rendisie, tog was dit duidelik dat hierdie teks afgewyk het van die Hebreeus wat in die Sinagoges gebruik was. Origen het besluit om hierdie probleem aan te spreek deur ‘n teks daar te stel wat nie net die Hebreeuse teks beslaan het nie, maar ook verskeie Griekse weergawes, in ses kolomme, om dit makliker te maak om variasies in die teks te herken en te vergelyk. Die idees was dat dit die verskille sou verklaar.
Origen het in Aleksandrie begin om verskillende Griekse tekste bymekaar te maak en het sy taak in Sesarea in Samaria voltooi. Die enorme teks waarmee hy vorendag gekom het, het uiteindelik ses kolomme beslaan, vanwaar die naam Hexapla (sesvoudig) vandaan kom. Die kolomme het as sulks daar uitgesien:


Hebreeuse Teks
Hebreeuse teks in Grieks getranskribeer
Aquila se Griekse vertaling
Symmachus se Griekse vertaling
Griekse vertaling van die Ou Grieks (Septuagint)
Theodotion se Griekse vertaling


Origen het ook ‘n waardeuitspraak gemaak in sy rangskikking van die kolomme. Hoe verder links die kolom gele het, hoe nader was dit aan die amptelike Hebreeuse teks.
Die Hebreeuse teks van die eerste kolom: Origen het sy teks die Hebraica Veritas genoem. Die oorspronklike Hexapla is vernietig tydens die Arabiese invalle en slegs ‘n fragment van hierdie teks het behoue gebly. Dit maak dit dus bykans onmoontlik om met enige sekerheid te se watter teks tradisie hier gebruik is.
Die tweede kolom se Hebreeuse teks in Grieks getranskribeer: Hierdie kolom bevat die Hebreeuse teks in die Griekse alfabet getranskribeer. Die afleiding is dat hierdie kolom ingevoeg is om ‘n tipe vokalisering aan die ongevokaliseerde Hebreeuse teks te verleen. As sulks word dit algemeen aanvaad dat hierdie transkripsie vir ons insig gee in die Samaritaanse uitspraak van Hebreeus in Origen se tyd.
Die derde kolom met Aquila se Griekse vertaling: Volgens Joodse tradisie was Aquila ‘n student van Rabbi Akiba. Aquila se Griekse vertaling was so getrou aan die Hebreeuse teks dat hy die grammatika van die Griekse teks op verskeie plekke verHebreeus het. Dit was eers met die Bisantynse era, toe Jode weer Hebreeus leer praat het, dat Aquila se teks in onbruik geval het. Slegs fragmente van die teks bestaan vandag nog.
Die vierde kolom met Symmachus se Griekse vertaling: Symmachus se vertaling is nie ‘n redigering van ‘n bestaande teks nie, maar ‘n nuwe teks, alhoewel die invloed van ander tekste wel daarin te bespeur is, o.a. die werk van Aquila. Symmachus se weergawe is in die Griekse idioom geskryf en nie deurspek van Hebreeuse grammatikale invloede nie. Dit lyk asof Symmachus die Ou Grieks en Theodotion se weergawe ook onder oe gehad het. Op plekke verskil dit soveel van Aquila se weergawe dat die afleiding selfs gemaak kan word dat hy van ‘n ander Hebreeuse teks af gewerk het.
Die Septuagint (Ou Grieks) in die vyfde kolom: Die doelstelling van Origen het rondom hierdie teks gegaan aangesien dit die teks was wat in algemene gebruik was in daardie era. Hy het dan juis die Hexapla saamgestel om die kontroversie tussen die Grieks en die Hebreeus te verklaar. Die manuskripte wat hy gebruik het om die Hebraica Veritas saam te stel was deur beide die Kerk en die Joodse gemeenskappe in gebruik. Origen het die Joodse kopiee van die Ou Grieks saam met die Hebreeus gebruik om die vyfde kolom te redigeer volgens die Aleksandrynse redigeringstelsel. Hierdie model was van Aristarchus oorgeneem en het bestaan uit ‘n aantal tekens wat in die teks ingevoeg is. Hierdie werk was van hoogstaande skolastiese waarde. Slegs fragmente bestaan vandag nog. Tog is daar verskeie kopiee van die werk gemaak wat, al is dit nie simbool vir simbool gekopieer nie, tog baie insig lewer in die proses en die teks, tot so ‘n mate dat ons vandag die vyfde kolom kan herkonstrueer. Die teks is ‘n refleksie van ‘n Hebreeuse tradisie wat van voor Tannaim en Amoriam, wat ‘n enkele Hebreeuse teks begin normaliseer het, dateer. Dit is dan ook waar die balng van die vyfde kolom vir ons le.
Theodotion se Griekse vertaling in die sesde kolom: Daar bestaan baie kontroversie rondom hierdie teks, maar uiteindelik blyk dit dat die teks vroee weergawe van die Kaige teks is. Kaige is ‘n vertaling van die Hebreeus in ‘n Griekse vorm. Theodotion se werk dateer tot op die oorsprong van die Christelike era. Moderne navorsing toon dat die Kaige weergawe ‘n poging is om die Ou Grieks nader te bring aan die oorspronklike Hebreeus. Dit beteken dat die werk se waarde daarin le dat dit vir ons help om die Hebreeuse teks te rekonstrueer wat die Masorete teks vooruitdateer met ongeveer twee eeue. Die Theodotion weergawe was baie populer onder vroee Christene. Dit is onseker of hierdie weergawe die volledige Ou Testament beslaan het.
Ander vertalings in die Hexapla: Daar is min kennis rondom hierdie vertalings, maar ons weet wel dat Origen wel van ander vertalings gebruik gemaak het in die Hexapla. Dit is vervelg in die kolomme (Deist, 1988: 139-148).
    1. Ander Griekse vertalings van die Ou Testament
Die Lucian uitgawe: Lucian het ‘n redaktiese werk daargestel waarin twee lae onderskei kan word. Hy het ‘n basis teks gebruik waaraan hy Hellenistiese styl gekoppel het. Hy het dus nie eenvoudig ‘n Griekse teks by die Hebreeus aangepas nie, maar die teks geredigeer aan die hand van ‘n stel reels.
Hesychius: Ons weet slegs dat hierdie teks gesag gedra het aangesien dit deur Jerome genoem word. Dit het waarskynlik in Egipte ontspring (Deist, 1988: 149).
  1. Griekse vertalings as Getuienis tot die Ou Testament
Hoe kan Griekse tekste bydra tot Ou Testamentiese tekskritiek? In die eerste plek kan dit bydraende insig gee tot die interpretasie tradisies en rdaksionele prosedures . Wanneer die Septuagint noukeurig bestudeer word is dit duidelik dat die idee van verskillende lae in die teks nie vergesog is nie. Kriteria kan bedink word wat beter en meer betroubare resultate van kritiese analise tot gevolg sal he.
In die tweede plek kan dit insig gee in klassieke tekskritiek metodiek. E. Tov het waardevolle riglyne vir retroversie daargestel:
  • Bepaal die tipe vertaling;
  • Die teks-kondisies moet bepaal word, bv. wat is die aard van die afwykings, ens.;
  • Bepaal of die afwyking die gevolg is van vokalisasie of punktuasie;
  • Tref onderskeid tussen die gebruik van inhoudswoorde en grammatikale woorde;
  • Kom die reels na vir die hantering van inhoudswoorde.
(Deist, 1988: 163-171)
Ten spyte daarvan dat ons nie die presiese datum of plek van oorsprong van die Ou Grieks ken nie, bly dit tog ‘n belangrike getuienis tot die Ou Testament. As ons met die Griekse tekste werk, in erkenning van die Hebreeuse tekste, is ons in staat om die relatiewe geskiedenis van die Masorete teks te verklaar. Dit stel ons ook in ‘n beperkte mate in staat om selfs pre-Masorete teks en tradisies te rekonstrueer. Verder stel dit ons bekend aan ‘n aantal pre-Masoerete eksegetiese tradisies. “The fact that the Old Greek often reflects a Hebrew Vorlage that differed substantially from the present Massoretic text, the fact that the Old Greek sometimes reflectss a text on which redactional work had still been done in the “Massoretic” tradition, the fact that the Greek versions contain not only more canonical books than the Massoretic Bible, but also texts that are now longer and then shorter than the present Massoretic text, present problems of a theological nature with regards to concepts of canon, inspiration and uathority.” (Deist, 1988: 171-172).
  1. Die Latynse vertalings van die Ou Testament met spesifieke verwysing na die oorsprong van Jerome se Vulgaat
Die Ou Latyn: Tot in Rome het Grieks die amptelike spreektaal geword tot met die derde eeu nC. toe Latyn weer gedomineer het. In die die Suidelike Gaul en in Noord Afrika het Latyn egter altyd gedomineer en die eerste Latynse Bybelse tekste kom dan ook uit hierdie geweste. Ook hier het die vertaling van die Bybel na Latyn toe uitsprei uit die behoefte van die hoorders en lesers om die teks te verstaan. Die Ou Latyn weergawe was uit die Septuagint vertaal en daar is na die vertaling verwys as die Septuagint in Laynse drag. Die Ou Latyn is ‘n belangrike getuienis aangesien dit terugdateer na die tydperk voor die resensies van die Septuagint. Die gereelde vraag met die totstandkoming van menige gegewe teks is ook weer van toepassing hier. Is die teks saamgestel uit een enkele bron, of was daar meervuldige tekste gebruik om die teks saam te stel? Stellings deur die kerkvaders gemaak dui op die gebruik van meer tekste (Wurthwein, 1979: 87-88). Wat ookal die oorsprong was, ons kan vandag onderskei tussen ‘n Afrika teks en ‘n Europese teks. Dit wil daarop dui dat die term Ou Latyn eerder op ‘n kolleksie van toepassing is, as op ‘n gegewe teks. Die Ou Latyn bestaan nie meer in sy geheel nie en ons is nou afhanklik fragmente, liturgiese boeke, patristiese aanhalings in kommentare, preke, briewe, ens. vir inligting oor die Ou Latyn. Wurthwein (1979: 88-90) lys ‘n aantal bronne waar meer inligting van te kry is.
Die Vulgaat: Die teks van die Bybel was in verskeie vorme beskikbaar vir die Latynse kerk. Daar was ‘n indringende behoefte aan ‘n uniforme en betroubare teks wat gebruik kon word vir teologiese kwelpunte en liturgiese gebruik. Om hierdie behoefte aan te spreek het Pous Damasus 1 (366-384) vir Jerome genader om ‘n Latynse teks daar te stel. Jerome was ‘n gesaghebbende taalkundige op die gebied van Latyn, Hebreeus en Grieks wat homself aan teologiese studie gewy het. Dit het hom dus ‘n ideale kandidaat gemaak vir die taak. Hy het die taak in Rome begin in 382 nC en voortgesit in Betlehem vanaf 386 nC. Die vertaling is in fases gedoen:
  • Die Psalterium Romanum was ‘n eerste vertaling van die Psalms;
  • Die Psalterium Gallicanum was ‘n hersiening van die eerste vertaling van die Psalms;
  • Die grootste sukses le egter in die derde fase vir Jerome. Dit was toe hy die Ou Testament vanuit Hebreeus na Latyn vertaal het tydens die jare 390 tot 405 nC. Om dit te vermag het Jerome die Griekse Septuagint eenkant gestoot om op die Hebreeuse teks te konsentreer, wat slegs hy geken het in die hele kerk. Dit was hierdie keuse wat hy uitgeoefen het wat veroorsaak het dat sy teks so lank geneem het om amptelike erkenning te kry. Augustyn het gevrees dat dit tweespalt sou bring tussen die Griekssprekende en Latynssprekende gemeentes. Vir Augustyn was die Septuagint geinspireer en Jerome se ontkenning daarvan het teen die grein gegaan. Tog was Jerome genoodsaak om die Griekse bronne te raadpleeg in sy vertalings en hy het swaar geleun op die Hexapla. Hy het streng by tradisionele riglyne gehou en die werke wat hy geraadpleeg het is duidelik waarneembaar in sy vertaling. Hy het selfs sover gegaan as om sekere werke volgens Christelike inslag te herinterpreteer.
Jerome se vertaling het mettertyd veld gewen en sedert die 16de eeu het dit bekend begin word as die Vulgatum. Teen die 7de eeu was dit reeds op gelykstaande voet met die Ou Latyn.Die Raad van Trent het hierdie vertaling op 8 April 1546 vernoem tot die amptelike vertaling van die Rooms Katolieke Kerk. Dit het genoodsaak dat daar ‘n amptelike druk/uitgawe van die vertaling gemaak moes word. Hierdie uitgawe is uiteindelik in 1598 voltooi as die Clementine uitgawe (hersien). Die Benedektynse ede het in 1907 opdrag gekry om ‘n omvattende uitgawe saam te stel uit al die beskikbare bronne en hierdie uitgawe het in 1926 sy verskyning gemaak. ‘n Uitgawe in twee volumes is ook deur die Wurttemberg Bybelgenootskap gepubliseer in 1969 en 1975. Henri de Sainte Marie het ook ‘n voorheen ongepubliseerde kritiek op Jerome se Psalter gepubliseer in 1954 (Wurthwein, 1979: 91-95).
  1. Samevatting
n Oorsig van die transmissie en vertalings van die Ou Testament kan nie faal om mens te oortuig van die heiligheid van die teks nie. Ten spyte van vele faktore en menslike beredeneringe het die teks grootliks onveranderd gebly deur millenia. Tog kan dit nie toegeskryf word aan toevalligheid nie. Dit is duidelik dat ons dit te danke het aan ‘n die toewyding van voorgangers wat dit hulle ten doel gestel het om die teks met respek en agting te bewaar, oor te dra en beskikbaar te stel. Die kritiese benadering wat hulle gevolg het het gelei tot ‘n produk waarin geglo kan word, alhoewel die sinikus vir dieselfde rede bewyse vir ongeloof sou kon vind. Wanneer die tekste uit verskillende eras en tradisies egter met mekaar vergelyk word, is dit duidelik dat die verskille klein is en is die getuinenis van groot sorg onteenseglik teenwoordig. Geen wonder dan dat elke eksemplaar, manuskrip, fragment ens, deel vorm van ‘n groter getuienis van God en die standhoudendheid van Sy karakter en Sy Woord nie.
  1. Bibliografie


  1. Benner, J.A. 1999-. Isaiah Scroll and the Masoretic text. Ancient Hebrew Research Center: Plowing through history from Aleph to Tav. http://www.ancient-hebrew.org/31_masorite.html. Date of access: 11 Augustus 2015.
  2. Bible.org. 2000? Transmission. https://bible.org/seriespage/5-transmission. Date of access: 10 Augustus 2015.
  3. Biblescripture.net. 2000? The Alphabet of Biblical Hebrew. http://biblescripture.net/Hebrew.html. Date of access: 10 Augustus 2015.
  4. Bruce, F.F. 1958. The Dead Sea Habakkuk Scroll. University of Leeds Oriental Society. http://biblicalstudies.org.uk/pdf/habakkuk_bruce.pdf. Date of access: 11 Augustus 2015.
  5. Deist, F.E. 1978. Towards the text of the Old Testament, Tr by W.K. Winckler. Pretoria: D.R. Church Booksellers. p. 30-96.
  6. Deist, F.E. 1988. Witnesses to the Old Testament. Pretoria: NG Kerkboekhandel. P 117-183.
  7. Easton, M.G. 1897. Illustrated Bible Dictionary, Third Edition. Thomas Nelson Publishers. http://www.biblestudytools.com/dictionary/scribes. Date of access: 10 Augustus 2015.
  8. Encyclopedia Judaica. 2008. Kahle, Paul Ernst. https://www.jewishvirtuallibrary.org/jsource/judaica/ejud_0002_0011_0_10580.html. Date of access: 11 Augustus 2015.
  9. Facsimile Editions. 2000? The Kennicott Bible. http://www.facsimile-editions.com/en/kb/. Date of access: 12 Augustus 2015.
  10. Gibson, J.C.L. 1974. The Masoretes as Linguists (Barr, J. ed. in Language and Meaning: Studies in Hebrew Language and Biblical Exegesis). Belgium. p. 92-93. https://books.google.co.za/books?id=uoZO0BjqAzQC&pg=PA92&lpg=PA92&dq=diez+macho+codex+reuchlinianus&source=bl&ots=-J-Sbetlge&sig=mvvn4XT-R1MPiqp-ubd_U-fjl3c&hl=en&sa=X&ved=0CCcQ6AEwAmoVChMIxM-LosShxwIVAS4UCh214QLG#v=onepage&q=diez%20macho%20codex%20reuchlinianus&f=false. Date of access: 11 Agustus 2015.
  11. Hayman, A.P. 1993. The Cairo Genizah. (in Understanding Poets and Prophets: Essays in honour of George Wishart Anderson, by Anderson, G.W. en Auld, A.G. ed.) Sheffield: JSOT Press. p.149-150. https://books.google.co.za/books?id=n32tAwAAQBAJ&pg=PA149&lpg=PA149&dq=firkowitch+collections&source=bl&ots=r2tkGdyr82&sig=alkWBZz4AfvMLiAFNWBUAUartAE&hl=en&sa=X&ved=0CBwQ6AEwAGoVChMI9MT15pmjxwIV8yDbCh1WEg2w#v=onepage&q=firkowitch%20collections&f=false. Date of access: 12 Augustus 2015.
  12. Jackson, S.M. (ed). 1908-1912.Text of the Old Testament. The New Schaff-Herzog Encyclopedia of Religious Knowledge. New York: Funk & Wagnells. http://www.bible-researcher.com/hebrewtext1.html#chap1sect8. Date of access: 11 Augustus 2015.
  13. JPH. 2000? Copyists Errors and Estimations in the Bible. http://www.tektonics.org/af/copyisterrors.php. Date of access: 10 Augustus 2015.
  14. Karp, A.J. 1991. The Book of the People of the Book: Great Bibles. (From the Ends of the Earth:Judaic Treasures of the Library of Congress. DC: Library of Congress. http://www.jewishvirtuallibrary.org/jsource/loc/Great.html. Date of access: 12 Augustus 2015.
  15. Landeshauptstadt Erfurt. 2000? Erfurt Collection. Jewish Past and Present in Erfurt. http://juedisches-leben.erfurt.de/jl/en/middle-ages/hebrew_manuscripts/research/index.html. Date of access: 11 Augustus 2015.
  16. Lundberg, M.J. 2000-. Educational Site: Biblical Manuscripts – The Leningrad Codex. West Semitic Research Project. https://www.usc.edu/dept/LAS/wsrp/educational_site/biblical_manuscripts/LeningradCodex.shtml. Date of access: 11 Augustus 2015.
  17. Millard, A.R. 1982. Bible and Spade 2 (SPRING-SUMMER-AUTUMN 1982) Copyright © 1982. Cited with permission from the author and Bible and Spade. p.33-46. https://faculty.gordon.edu/hu/bi/ted_hildebrandt/otesources/20-proverbs/text/articles/millard-scribes-b-s.pdf. Date of access: 10 Augustus 2015.
  18. Outhwaite, B. 2000? Nash Papyrus (MS Or.233). University of Cambridge Digital Library. http://cudl.lib.cam.ac.uk/view/MS-OR-00233/1. Date of access: 11 Augustus 2015.
  19. Quartz Hill School of Theology. 2000? http://www.theology.edu/script02.htm. Date of access: 11 Augustus 2015.
  20. Rata, T. 2008. The History of the Text of Jeremiah. VSA: Grace Theological Seminary. p. 39-51. http://www.ttgst.ac.kr/upload/ttgst_resources14/20111-43.pdf. Date of access: 11 Augustus 2015.
  21. Skilton, J.H.1967. The following discussion of the transmission of the Hebrew text of the Old Testament is excerpted from the article by Dr. John H. Skilton, "The Transmission of the Scriptures," inThe Infallible Word: A Symposium by the Members of the Faculty of Westminster Theological Seminary, edited by N.B. Stonehouse and Paul Woolley, revised ed. (Philadelphia: Presbyterian and Reformed, 1967). http://www.bible-researcher.com/skilton1.html. Date of access: 10 Augustus 2015.
  22. The Aleppo Codex. 2000? The Aleppo codex: The Bible and its Transmission – Scrolls, Manuscripts, Printings. http://www.aleppocodex.org/links/7.html. Date of acsess: 11 Augustus 2015.
  23. The Friedberg Genizah Project. 2000? The Cairo Genizah. http://www.genizah.org/TheCairoGenizah.aspx. Date of acccess: 12 Augustus 2015.
  24. The Scribe on Saturday. 10 November 2007. The Cairo Codex of the Prophets (ca. 897 AD). The Ancient Standard. http://ancientstandard.com/2007/11/10/the-cairo-codex-of-the-prophets-ca-897-ad. Date of access: 11 Augustus 2015.
  25. Tov, E. 2000? The Qumran Hebrew Texts and the Septuagint – An Overview. http://www.emanueltov.info/docs/varia/239.varia.qumran-heb-texts-and-sept.pdf. Date of access: 11 Augustus 2015.
  26. Toy, C.H. & Jacobs, J. 1906. Michaelis Johann Heinrich (in the Jewish Encyclopedia.com). http://www.jewishencyclopedia.com/articles/10790-michaelis-johann-heinrich. Date of access: 12 Augustus 2015.
  27. Wurthwein, E. 1979. The Text of the Old Testament: An Introduction to the Biblia Hebraica. Tr. by E.F. Rhodes. Grand Rapids: Eerdmans. p. 87-95.
Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.

No comments:

Post a Comment