Ek neem jou hand om met jou te
dans
en ons dans op die ritme van
wanbalans
Ek ruk my om op die maat van
'n wals
maar die note van die orkes
galm vals
Een, twee, drie, een, twee,
drie om en om,
om by jou te pas, hou ek my
krom.
Ek buig en ek boog om al laer
af te sak,
bang as ek nie buig, bly ek
dalk op die rak.
“Kom dans saam met my”,
hoor ek my stem
maar jy weier botweg en bly
steeks wegrem.
“Dis 'n dans van verlossing,
genesing en hoop.”
“Dis 'n dans wat my van my
eie-ek stroop!”
“Dis 'n dans waar jy vind
wat jy nog altyd mis.”
“Al wat ek mis, is om van
jou neulery te rus!”
Ons dans om en om,om en om,
heen en weer,
ons trap mekaar se tone en ons
pootjie en kry seer
Hoe is dit dat ons ritme, ons
dan vul met vrees,
as al wat ons wil hê, is om
bymekaar te wees?
Jou hand val weg, en ek
verloor my greep
“Dis wat jy kry as jy
heeldag loop en dweep!”
My hart wil breek, my stem
roep stukkend,
en ek voel die las van my
geloof verdrukkend.
Ek herroep Sy las is lig en Sy
juk is sag.
Hoe kon ek dan hierdie lyding
verwag?
“Wie dra jou las, met wie’t
jy dit gedeel?
Was dit nie een wat jou van My
wou steel?
'n Os of 'n donkie, met watter
een trek jy
wanneer julle twee oor My
bestaan stry?”
“My Vader, vergeef my. Ek
ontken U nie!”
Die haan kraai vergeefs op
een, twee en drie.
Ek neem my Vader se hand vir
'n nuwe dans,
met waarheid omgord, kry ek
nog 'n kans.
‘n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).
Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.
No comments:
Post a Comment